kategorieë: Ontspanning

Skryf dit in jou dagboek: Wonderlus 2018

Die vrystellingsdatum van die bekroonde rolprent, Wonderlus, is gisteroggend amptelik bekend gemaak. Dié speelfilm, wat drie kykNET Silwerskermfees-toekennings opgeraap het: Beste teks (Johan Cronje), Beste byspeler (Beer Adriaanse) en Beste aktrise (Lea Vivier) – sal op 27 April 2018 landwyd begin draai. Wonderlus het Silwerskermfeesgangers vanjaar gaande gehad oor die vars blik wat dit op van die grootste vrae gee: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy moet en wat jy wil?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees hier om meer uit te vind oor die Silwerskermfeeswenners, asook oor die fees self.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wonderlus speel af by ’n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om ’n groep vriende wat die volgende oggend die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: ’n Bruidegom moet die liefde van sy lewe agternasit; die bruid moet probeer om haar hede te ontsnap en ’n kelnerin moet haar losknoop van haarself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die film kom uit die pen van Johan Cronje (Strikfontein en Phil101) en word vervaardig deur Nouvaaand Films (Hotel 1 & 2, Sterlopers, Buurtwag en Hartstog).

Die rolverdeling sluit in Edwin van der Walt (Die Pro, My Fathers War, Waterfront), Mila Guy (Liewe Kersfeesvader, Hotel 1 & 2), Simoné Nortmann (Vir die Voëls, Vuil Wasgoed, Hotel 1 & 2); Stiaan Smith (Sy Klink soos Lente, Vuil Wasgoed, Phil101); Beer Adriaanse (Buurtwag, Hotel 1 & 2); Adam Heyns (Buurtwag); Lynelle Kenned (West Side Story, Jý Geld, The Sound of Music); Ansu Visser (chatNOU!); Lea Vivier en Marvin-Lee Beukes (Die Byl, Waterfront).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy geweet ons nuutste glanspaartjie het mekaar op die stel van Wonderlus ontmoet? Lees hier om meer uit te vind.

Kyk hier na die lokprent:

Ons het met ’n paar van die akteurs in Wonderlus gesels:

Lees ons onderhoud met Beer Adriaanse, wat sê dat sy gunstelingwoorde oor die liefde uit ’n Massive Attack-liedjie kom: “Love, love is a verb, love is a do word.”

Lees ons onderhoud met Mila Guy, wat glo dat die belangrikste ding oor die liefde eerlikheid is. Sy vertel oor die film: “Ek dink Wonderlus is ’n baie relevante fliek vir vandag en veral vir my generasie. Persoonlik was dit ’n baie uitdagende proses om so ’n karakter (sy vertolk die rol van die bruid) binne ’n natuurlike, tog aweregse storie te speel. Gelukkig kon ek deurentyd op die regisseur en my medespelers staatmaak en was ons almal kop in een mus oor wat ons probeer doen.”

Lees ook ons onderhoud met Ansu Visser wat die rol van Elsa (“net ’n lekker, fun meisie”) vertolk. Sy voel dat dit belangrik is om rolprente soos Wonderlus te maak waar mense met hulself en die liefde worstel. “Dis belangrik om daaroor te praat want niemand praat daaroor nie, terwyl ons moet, want dit speel so ’n groot rol in jou idee van wie jy is en ook jou identiteit wat jy dan – of dit is hoe dit voel – vir die eerste keer ontdek en dan waarlik meer en meer jouself begin word.”

Die draaiboek, regie en redigering is deur Johan Cronje. Devin Tosseli is die kinematograaf en Sulet Meintjies is verantwoordelik vir die kostuumontwerp. Produksie-ontwerp is deur Waldemar Coetzee en Chris Joubert en die vervaardigers is Scharl van der Merwe en Zandré Coetzer en die mede-vervaardiger is Chánél Muller.

Besoek die Facebook-blad en Instagram vir meer inligting en gesels saam met die hutsmerke #WonderlusFilm en #DoenWatJyMoet

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

12 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

12 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

15 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

17 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

4 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.