kategorieë: Ontspanning

Skreeusnaakse plaaslike komedie Skaapboer binnekort op DStv BoxOffice

In Skaapboer neem Harold Bruyns, wat by ’n bank werk, se lewe ’n onverwagse wending wanneer hy op die dag van sy bevordering afgedank word. Hy mag nie weer sy voete in die finansiële wêreld sit nie en sy gedagtes gaan terug na sy sorgelose kinderdae op ’n plaas saam met sy oupa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met ’n ysere wil en deursettingsvermoë besluit Harold om ’n skaapboer te word – in die hartjie van een van Johannesburg se voorstede. Met vele hindernisse in sy pad leer Harold egter ’n baie belangrike les: dat jou waarde as mens veel meer as jou werktitel werd is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Intussen vind hy uit dat ’n slinkse kollega vir sy afdanking verantwoordelik was en nou moet Harold besluit of hy na sy vorige lewe gaan terugkeer en of hy sy nuwe lewe as boer gaan aangryp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Keeno Lee Hector (Barakat, Unseen, Suidooster, Sara se Geheim) is te sien as Harold, met legendes soos Natalia da Rocha (Fraksie, Backstage, Arendsvlei) as Ma Mavis, Brümilda van Rensburg (Egoli, Lui maar op, Belinda) as Mrs English, Setlhabi Taunyane (Rhythm City, Isidingo) as Philemon, Zane Meas (7de Laan, Isidingo) as Oupa en June van Merch (Sara se Geheim, Barakat) as Ou Rieta Bruyns in die rolverdeling. Die TV- en radio-aanbieder Zoë Brown maak haar filmdebuut as Bernice.

Die draaiboek en regie van Skaapboer is deur Valenté Bosch behartig. “Skaapboer kombineer komedie, ironie en is ’n verhaal van deursettingsvermoë. Dis een man teen die wêreld. Dit wys die lewe van alledaagse mense en daag die stereotipe uit van bruin mans wat hulle werk verloor en dan aan die drink gaan of by misdaad betrokke raak,” sê hy. “Die film wys dat daar mans in ons gemeenskappe is wat die regte besluite neem, selfs al is almal teen hulle. Die boodskap is dat regverdigheid kan en wil wen.”

Skaapboer is van 5 April op BoxOffice beskikbaar.

Hoe om BoxOffice-flieks op jou DStv Explora te huur:

  1. Druk die GROEN knoppie op jou afstandbeheer.
  2. Kies die fliek wat jy wil huur en kies hoe jy daarvoor wil betaal. As dit die eerste keer is wat jy ’n fliek by BoxOffice huur, is dit gratis. Kies BoxOffice Account as jou betaalmetode.
  3. Stuur die huurkode na bo.dstv.com.
  4. Jou fliek sal binne minute gereed wees om te kyk. Kry solank die springmielies gereed!

Lees ook: Ontmoet die ses vroue van Die Real Housewives van die Wynlande

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

6 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

7 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

8 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

11 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.