Kook die eiers na smaak – ons verkies dit sag gekook
4 klein eiers
350 g worsvleis, die vleis uit die derms gedruk
60 ml gekapte pietersielie
2 ansjovisfilette, gekap
30 ml kappertjiesaad, gekap
1 eier, geklits en in ’n vlak bakkie gegooi
125 ml vars, growwe broodkrummels
500 ml sonneblomolie vir diepbraai
Instructions
1 Kook die eiers vir 5-6 min. (vir sag gekookte eiers) in kokende soutwater. Dompel in koue water en dop af. Hou eenkant. 2 Meng die worsvleis, pietersielie, ansjovis en kappersaad en geur liggies met sout. 3 Verdeel die mengsel in 4 en druk die vleis plat om 4 sirkels te vorm. 4 Sit ’n eier in die middel van elkeen en vou liggies toe. Druk die kante goed vas. 5 Verhit intussen die olie en hou handdoekpapier gereed vir die dreineerslag. 6 Rol die eierfrikkadelle eers in die geklopte eier en dan in die krummels. 7 Diepbraai 2 eiers op ’n keer vir 6-7 min. oor matige hitte en dreineer. Herhaal met die res.