1 Kook die eiers vir 5-6 min. (vir sag gekookte eiers) in kokende soutwater. Dompel in koue water en dop af. Hou eenkant.Skotse piekniekeiers
Ingredients
Instructions
2 Meng die worsvleis, pietersielie, ansjovis en kappersaad en geur liggies met sout.
3 Verdeel die mengsel in 4 en druk die vleis plat om 4 sirkels te vorm.
4 Sit ’n eier in die middel van elkeen en vou liggies toe. Druk die kante goed vas.
5 Verhit intussen die olie en hou handdoekpapier gereed vir die dreineerslag.
6 Rol die eierfrikkadelle eers in die geklopte eier en dan in die krummels.
7 Diepbraai 2 eiers op ’n keer vir 6-7 min. oor matige hitte en dreineer. Herhaal met die res.