kategorieë: VegetariesKos

Skotse eiers met sampioene en gort

Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Charles Russel en Lee Schwagele crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 6 eiers vir 4 min. gekook, afgedop
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
  • 1 pakkie (250 g) sampioene, fyngekap
  • 1 e (15 ml) vars tiemie van die takkies afgestroop
  • 1 t (5 ml) neutmuskaat
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
  • 1 k (250 ml) gort
  • ½ k (125 ml) witwyn
  • 2 k (500 ml) hoenderaftreksel
  • 2 e (30 ml) botter
  • 4 e (60 ml) parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en gemaalde swartpeper na smaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Krummellaag

  • 1 liter olie vir diepbraai
  • 4 eiers, liggies geklop
  • 1 k koekmeel in ’n vlak bakkie gegooi
  • 2 k panko-broodkrummels
  1. Verhit 1 e (15 ml) van die olyfolie oor matige hitte. Braai die knoffel, sampioene, tiemie en neutmuskaat daarin tot sag en gaar. Skep uit en hou eenkant.
  2. Gooi 1 e (15 ml) olie in dieselfde kastrol. Braai die uie vir 1-2 min. oor matige hitte.
  3. Braai die gort en uiemengsel vir sowat 2-3 min. Gooi die wyn by en kook vir 1-2 min. of tot die wyn effens weggekook het.
  4. Voeg die aftreksel by en laat die mengsel vir sowat 40 min. oor lae hitte prut tot die gort sag en gaar is. Roer gereeld.
  5. Trek die gortmengsel van die hitte af en roer die botter, parmesaan en sampioenmengsel by. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Laat afkoel.
  6. Verhit die liter olie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
  7. Sit 2-3 e (sowat 45 ml) van die gortmengsel in die palm van jou hand. Sit ’n saggekookte eier versigtig op die mengsel en sit nog 2-3 e (sowat 45 ml) van die gortmengsel daarop sodat die eier toegevou is.
  8. Rol die toegevoude eier in meel, doop in die eier en rol laastens in die panko-broodkrummels.
  9. Braai die eiers tot goudbruin in die olie. Haal versigtig met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor en versier met kruie-blaartjies uit die tuin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

6 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

6 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

9 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

11 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.