kategorieë: KalenderOntspanning

Skop die lente in styl af met die Discovery Jacaranda FM Spring Walk

Skop die lente in styl af met die Discovery Jacaranda FM Spring Walk inligting en foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skop die lente in styl af met die Discovery Jacaranda FM Spring Walk

Die winter is iets van die verlede en net om die draai is daar ‘n fantastiese manier om van die bank af op te spring en weer springlewendig te voel: die Discovery Jacaranda FM Spring Walk – Gauteng se gunstelingmanier om die lente amptelik af te skop!

Hierdie hoogs gewilde geleentheid vir die hele gesin lok jaarliks duisende mense en vier sy 8ste verjaardag by die ikoniese Loftus Versfeld in Pretoria op Saterdag, 14 September 2019. Dié beloof om ‘n dag te wees waar almal aktief kan wees, tonne pret sal hê in die lenteson en tyd saam met geliefdes kan deurbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Al die roetes verken die welige Jakarandastad en maak voorsiening vir enige fiksheidsvlak, so, of jy nou die 5km, 10km of 15km roetes wil loop of draf, daar is iets vir ieder en elk.

Roan Ash

Behalwe vir die loop- en drafervaring, sal Discovery en Jacaranda FM, soos altyd, hierdie jaar se belewenis selfs beter as in die verlede maak, met vermaak deur vier van SA se gunstelingkunstenaars – sangers Bok van Blerk en Roan Ash, multi-instrumentalis, Nick McCreadie en Jacaranda FM se eie “groovemaster”, DJ Jazzy D. Die Jacaranda FM aanbieders sal ook daar wees om stappers, drawwers en diegene wat net die elektriese atmosfeer wil geniet te vermaak voordat die prysoorhandiging plaasvind.

Goeie nuus vir die kleinspan is dat daar ook ‘n kinderarea sal wees wat vir pret uit die boonste rakke sal sorg!

Mense wat die geleentheid bywoon is welkom om hulle eie alkoholvrye piekniekmandjies saam te bring om na afloop van die stap te geniet, maar ‘n groot verskeidenheid eet- en drinkgoedstalletjies sal ook omsien na enige honger of dors.

Skop die lente in styl af met die Discovery Jacaranda FM Spring Walk
Bok van Blerk

“Dis iets om te aanskou om duisende mense van regoor Gauteng en Suid-Afrika, en ‘n vanuit ‘n ryke verskeidenheid agtergronde, die strate van Pretoria te sien invaar, net soos wat nuwe lewe weer oral begin blom,” sê Jacaranda FM se algemene bestuurder, Kevin Fine. “Of jy ‘n meer ernstige hardloper is of net daar is om ‘n rustige stappie in die geselskap van jou mense te geniet, tyd saam met die Jacaranda FM familie en van jou ander gunstelingbekendes te spandeer, en om bederf te word met eersteklas vermaak, is hierdie dié manier om die beste deel van die jaar op die regte voet te begin.”

“September merk die begin van die lente, maar is ook Hartbewustheidsmaand, wat dit die perfekte tyd maak om ‘n nuwe, gesonde gewoonte soos ‘n flink stappie aan te pak,” sê Discovery se Hoof van Eksperiënsiële Bemarking, Iona, Maclean. “Ons borgskap van hierdie gesinsvriendelike geleentheid is goed belyn met Vitality se globale toewyding om 100 miljoen mense fisies meer aktief te maak teen 2025 – ‘n doel wat toenemend belangrik is gegewe die wêreldwye styging in chroniese siektes. Van ons eie navorsing het bevind dat mense wat nie aktief is nie, maar geleidelik hul fisiese aktiwiteit verhoog, ‘n 24% laer sterfterisiko weens enige oorsaak het en ons sien ook dat oefening ‘n goeie vonk bied om mense te kry om meer gesonde gedragspatrone te onderneem. Ons moedig dus mense van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke aan om in te skryf vir die Discovery Jacaranda FM Spring Walk en om hierdie genotvolle buiteluggeleentheid saam te kom geniet.”

Nick McCreadie

Discovery Vitalitylede sal ekstra ingenome wees met die feit dat hulle Vitality fiksheidspunte kan eis omdat hulle aan die Spring Walk deelneem. Diegene wat inskryf sal 800 punte vir die 5km stap en draf verdien, 1 100 punte vir die 10km stap en draf en 1100 vir die 15km stap.

Om te verseker dat alle deelnemers deeglik gehidreer en veilig is, sal daar waterpunte elke 3km op alle roetes wees, volle mediese fasiliteite sal deurgaans beskikbaar wees en die geleentheid sal bestuur word in ooreenstemming met ASA en AGN regulasies.

Die inskrywingsfooi is R160, met onder 16s en oor 60s wat ‘n fooi van slegs R110 betaal. Babas en kleuters onder 2 jaar kry gratis toegang.

Om in te skryf, en vir volle Spring Walk reëls en regulasies, besoek www.springwalk.co.za

Vir nog lekker doendinge hierdie lente, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Peri-peri hoender

Braai ’n hoender, ’n peri-peri-hoender! Resep deur Vickie de Beer. Foto Charles Russell

2 days Gelede

Maria Doyle Kennedy oor ‘Recipes’ en vrouwees op die platteland

Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/M-Net.     Volgens die Ierse aktrise Maria Doyle Kennedy was…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Izette Blignaut oor ‘Binnelanders’ se geheimsinnige Petro

Die gewilde sepie Binnelanders se splinternuwe karakter is allesbehalwe eendimensioneel. Petro, wat deur die talentvolle…

2 days Gelede

Bessiestroop-en-meringue-bakkies

Basiese meringue-resep   Genoeg vir een middelslag-pawlowa. Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker…

2 days Gelede

’n Koel miljoen vir Lee-Ann en Johann + ‘Klein paradys’ is nou reg vir gaste!

Hulle eenheid se naam is heel gepas 'Asem', en ná ’n spanningsvolle finale beoordeling kon…

2 days Gelede

Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.