kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidshuise wat borskankerbewustheidsveldtogte ondersteun

Skoonheidshuise wat borskankerbewustheidsveldtogte ondersteun deur: Corné Greeff. Foto: nito100/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

ghd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

ghd werk saam met Britse bykomstighede ontwerper Lulu Guinness om geld vir die PinkDrive-organisasie in te samel. R100 van elke item van die ghd Lulu Guinness-reeks wat verkoop word, word aan PinkDrive geskenk. Jy kan kies tussen die ghd gold (R2 700) of die ghd air (R2 200). ghd het oor die afgelope veertien jaar reeds R170 miljoen ingesamel vir borskanker-organisasies wêreldwyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Matsimela

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Saam met elke aankoop van Matsimela se Litchi & Rose Hand Cream (R135) kry jy ’n gratis Litchi & Rose Bath Soak én R2 van elke item wat verkoop word, word geskenk aan die PinkDrive-organisasie.

Lees ook: 7 goed wat jy in 2018 moet weet oor borskanker

Skin Republic

Skin Republic werk saam met Dis-Chem om geld in te samel vir die Dis-Chem-Stigting. Met die verkope van elkeen van Skin Republic se nuwe Pink Clay Masks (R80) word R1 geskenk vir navorsing en die bewusmaking van borskanker. Die masker verminder die voorkoms van  pigmentasie merke en verwyder gifstowwe uit die porieë wat help dat jou vel sag, glad en helder lyk.

SoyLites

Ten bate van Borskankermaand het Soylites ’n beperkte uitgawe-reeks, genaamd HOPE, gemaak om geld in te samel vir die organisasie PinkDrive. Die reeks bestaan uit die HOPE Body Balm (R140 vir 125ml) en die HOPE Moisturising Candle (R240 vir 260ml). 10% van alle verkope tydens Oktober word dan geskenk aan PinkDrive.

Avon Justine

Avon hou elke jaar die iThemba Walkathon waar amper 30 000 mense deelneem aan die wedloop om geld in te samel vir verskillende organisasies soos, CANSA, Look Good Feel Better en Wings of Hope. Die woord iThemba beteken “hoop” in Zulu en oor die jare het Avon Justine al reeds meer as R20 miljoen ingesamel vir bewusmaking en om geleenthede te skep vir vroue om mammogramme te kry.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.