kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidsgewoontes: onthou jou voete

Jou voete wys gou veroudering en benodig gereelde aandag om te voorkom dat jy eelte en stukkende hakke kry. Spa-behandelings pas nie elkeen se sak nie en in deesdae se gejaagde lewe het jy dalk nie tyd om by die spa of salon uit te kom nie. Sagte, versorgde voete sonder harde hakke hoef nie net ’n droom te wees nie, dit kan ’n realiteit word deur ’n bietjie ekstra moeite te doen, sommer terwyl jy jou gunstelingtelevisiereeks kyk. Jy kan nou daardie mooi sandale in jou kas aantrek, sonder om bekommerd te wees dat jou voete onversorgd lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Masker

As iemand vir jou sê hulle gebruik ’n masker vir hulle voete, sal jy dalk vir hulle wil lag, maar dit is nie so belaglik soos wat dit klink nie. As jy dit eers probeer het, mag die gogga dalk byt en mag dit ’n instelling raak. Daar is maskers vir al jou behoeftes, of jy nou jou dooie velle wil laat afskilfer, jou voete wil bevogtig of dit na ’n harde oefensessie wil bederf. Probeer om een keer per maand ’n masker aan jou voete te sit, dit sal jou voete laat vars voel en ruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skilfer af

Die Skin Republic Foot Peel Mask (R109,99 beskikbaar by Red Square, Edgars, Dis-Chem en Clicks) is perfek om jou voete se dooie velle te laat afskilfer. Dit is ’n chemiese voetmasker wat jy soos ’n sokkie aantrek. Dit is maklik om te gebruik en verwyder dooie velle aan jou voete na 7 dae, dit verwyder eelte en laat die voete sag voel en bevorder die gesondheid van jou voete. Dit bevat 15 verskillende plant-ekstakte, insluitend groen tee, en is ryk aann vitamien E. Jy gebruik die masker na jy gestort het en moet dit vir 90-120 minute aan jou voete hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bevogtig

Die Sorbet Hydration Foot Mask (R53) bevogtig die voete. Die sokkies bevat ’n serum, wat die nodige bestanddele in jou voete op ’n meer effektiewe manier absorbeer as wat ’n room sou. Dit bevat ook peperment en argan-olie ,wat jou voete vars laat voel. Jy hoef die masker net vir 20 minute te dra en die sokkies is droog aan die buitekant, so jy kan rondbeweeg terwyl jy dit aanhet.

Vars en verfris

Die Foot Active Mask (R46,99 beskikbaar by Red Square, Edgars, Dis-Chem en Clicks) is ideaal vir wanneer jy klaar ’n wedloop gehardloop het of as jy baie op jou voete is. Dit bevat 22 verskillende plant-ekstrakte soos avokadopeer, peperment en tea tree-olie wat help om inflammasie en irritasie te verlig. Dit bevat ook Argan-olie, kollageen en vitamien E, wat help om droë voete te bevogtig. Die mint en tiemie bevorder sirkulasie in die voete en laat dit ekstra vars ruik!

Maseer en bevogtig

Probeer dit deel maak van jou skoonheidsroetine om elke aand voor jy gaan slaap jou voete te maseer en met ’n voetroom in te smeer. Wenk: fokus veral op die hakke. Dit sal voorkom dat jou voete droog word en ook droë voete sagter laat voel. Probeer om ’n geurvrye room te gebruik. Deur jou voete te maseer, bevorder dit sirkulasie en die vloei van suurstof. Jou hele lyf sal sommer meer ontspanne voel.

Hier is ’n paar bevogtigers wat jy kan probeer:

Week jou voete

Week jou voete ten minste twee keer per week in ’n bak met warm water en Epson-sout. Week jou voete vir 5-10 min te doen om te help om van al die gifstowwe ontslae te raak waaraan jou voete blootgestel word, veral wanneer jy meer gereeld sandale dra. Jy kan ook die EcoDiva Relaxing Bath & Foot Soak (R205 beskikbaar by www.ecodiva.co.za en uitgesoekte salonne) probeer. Dit bevat 7 organiese olies wat help teen veroudering terwyl dit ook die vel bevogtig. Dit sal ook help met die verligting van inflammasie en velirritasie.

Skuur en vyl jou voete

Wanneer jy jou voete was, is dit noodsaaklik dat jy dit onder, tussen jou tone en onder jou toonnaels skrop. Deur jou voete 2-3 keer per week te skuur en te vyl, sal jy die vorm van eelte verminder en help dat jou voete so sag soos satyn voel.

Tweezerman Step-Two-It Foot File (R300, Dis-Chem)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

4 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

34 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.