kategorieë: Blogs

Skoonheid ná die storm

Kort ná my mondigwording is my pa in ‘n ongeluk dood. Twee maande tevore het hy vir my ‘n verjaardagbrief geskryf waarin hy gesê het ek moet onthou die lewe sal storms bring, maar ook winde wat die grys wolke weer sal wegwaai en die wêreld groen en vars sal laat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jare lank het ek gewonder hoe hy so seker kon wees. Om my was daar mense wie se lewens deur storms uitmekaargeruk is – die verlies van gesondheid, ‘n huis, ‘n huwelik, finansiële sekuriteit, of die dood van ‘n kind. Dikwels het ek getwyfel of hul oë ooit weer sou blink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sedertdien was ek bevoorreg om mense te leer ken wat hul pyn dapper ontmoet het, daardeur geworstel het, en hul vertroue in die lewe teruggekry het. Hulle het die lig in die diepste donkerte gaan haal. Hierdie lig skyn helderder as wat ek kan beskryf – ek hou my liewer in voor ek dalk in ‘n 2014-weergawe van Helen Steiner Rice ontaard!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Feit is: my pa was reg. Anderkant die grysheid kan ‘n ongelooflike landskap lê en wag. Om hierdie ryker wêreld te betree, lyk dit my, is die voorwaarde egter die bereidheid om jou te laat oopbreek. In haar boek Broken open skryf Elizabeth Lesser: “Will we be broken down and defeated, or broken open and transformed?”

Dalk is die geheim dat die stormwind déúr jou moet waai. Jou omwaai, óópwaai, sodat die helende reën en sonlig deur die krake in jou mondering kan stroom. Wanneer die tyd reg is – tot jou algehele verstomming – kan daar ‘n lieflike landskap, ‘n groen en vars een so reg uit ‘n Disney movie, in en om jou verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

1 day Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

2 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

2 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

2 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

2 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.