kategorieë: Skoonheid

Skoonheid: geskenke vir Kersfees

Om vir iemand skoonheidsprodukte te koop, is ’n goeie toets om te kyk hoe goed jy hulle ken, aangesien dit baie persoonlik is en almal se smaak verskil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies só die regte geskenk vir die spesiale vrou in jou lewe

• As jy vir haar parfuum wil koop, speel dit veilig deur iets soortgelyk te gee as wat sy reeds gebruik of kies ’n geur wat in haar parfuum-persoonlikheidskategorie val.
• Koop vir die Mamma in jou lewe ’n goeie sonskerm wat sy kan gebruik en sommer ook vir die jongklomp kan aanwend gedurende die vakansie.
• Vir ouma, sussie of ’n vriendin kan jy altyd ’n lekker gesigmasker gee waarmee sy haarself kan pamperlang, of selfs ’n geskenkbewys by haar gunsteling-spa.
• ’n Goeie haarstilering-item is altyd ’n wenner. Ek weet dit is beslis dié Kersfees op my lysie.
• Goeie grimering, soos ’n lekker blosser of ’n goeie lipstiffie is ook altyd oulik om in die kerskous te gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oorweeg dalk die volgende

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies só die regte geskenk vir die man in jou lewe

• ’n Man wat lekker ruik is baie aantreklik. Speel dit veilig deur vir hom ’n lekker naskeermiddel of parfuum te koop.
Baardolies is deesdae hoogmode. Koop vir hom ’n lekker olie sodat hy sy baard mooi kan versorg.
• Daar is soveel oulike skoonheidsprodukte vir mans, moenie bang wees om vir hom ’n vogroom te gee nie, jy sal verbaas wees hoe baie hy daarvan sal hou.
• Vir die jonger man in jou lewe kan jy altyd ’n haarjel gee wat hy kan gebruik.

Oorweeg dalk die volgende

Kies só die perfekte geskenk vir die tiener in die familie

• Bederf ’n moderne jong dame met ’n lekker haarproduk, of ’n sproei waarmee sy haar hare vir die vakansie kan kleur.
• ’n Geskenkbewys om haar naels vir die vakansie te laat doen kan ook goed werk, aangesien sy nie by die skool haar naels mag laat verf nie.
• Dit is altyd ’n goeie idee om vir ’n tienerseun ’n lekker pakkie met lekkeruik-produkte te gee.
• ’n Lekker lipbalm vir die seuns en ’n goeie lipglans vir die dames is ook oulik om dié jaar in die kerskous te sit.
• Vir die jonger kinders kan jy badskuim koop om badtyd pret te maak.

Oorweeg dalk die volgende

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

1 week Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

1 week Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

1 week Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

1 week Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

1 week Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

1 week Gelede