Vir baie van ons is hande was tweede natuur, maar dalk nie vir almal nie. Unilever se ‘Help a Child Reach 5’-inisiatief is die wêreld se grootste higiëneprogram en het sedert 2012. 183 miljoen mense bereik – 5.2 miljoen in Suid-Afrika.
Volgens die World Health Organization is diarree die tweede grootste oorsaak van sterftes onder kinders jonger as 5 jaar.
Lifebuoy se veldtog is gemik op gedragsverandering onder skoolkinders (en indirek hul ouers) asook gedragsverandering by nuwe ma’s en gesondheidswerkers deur ’n neonatale program. Hierdie program leer die betrokkenes om gereeld hul hande op die regte manier te was en so kiemdraende bakterieë te bekamp.
Lifebuoy is ook die eerste seepvervaardiger wat deur die Royal Society for Public Health in Engeland akkreditasie ontvang het vir hul veldtog.
Lifebuoy se nuwe, verbeterde seepformules is pas bekendgestel. Elke koekie seep bevat Activ Naturol ShieldTM wat mense teen 10 infeksieverwante kieme beskerm. Dié veldtog is een van die kostedoeltreffendste, mees effektiewe maniere om lewens te red.