kategorieë: OuerskapJou lewe

Skoolhuiswerk: wat ouers kan doen

*Hierdie is ’n uittreksel uit die artikel “Huiswerk-tameletjie” wat in die Oktober 2016-uitgawe van rooi rose verskyn het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat ouers kan doen

Skep huiswerkroetines wat kan werk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Bepaal ’n daaglikse tyd spesiaal vir huiswerk, voordat die kind te moeg is. As die kind nie huiswerk het nie, kan sy vooruit werk aan take, hersien, lees of opsommings maak. Dis beter as dit elke dag op dieselfde tyd is en naweke insluit sodat dit ’n gewoonte word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Laat jou kinders op grond van hul ouderdom genoeg tyd aan huiswerk bestee en nie veel langer of korter nie.

• Leer hulle om hul huiswerk, take en aktiwiteite in ’n dagboek of weeklikse beplanner aan te teken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Verminder afleidings: klanke, skerms, speelgoed …

Voorsien wat nodig is: ’n lessenaar op ’n stil plek met genoeg lig; toegang tot bronne via die Internet of boeke; skryfbehoeftes …

Leer hulle dis werk voor speel, maar onthou dat baie kinders ná skool eers rus nodig het voor hulle weer kan konsentreer.

• Bou gereelde, maar kort pouses in. ’n Aftellerklok help kleintjies om hierby te hou.

• Hou ietsie gesonds om aan te kou byderhand.

Lees ook: Gee jou kind ‘n gesonde lewenstyl

Foto: Pexels

• Moenie die moeilikste en grootste werk vir laaste los nie.

• Moenie uitstel nie, begin dadelik met take of leerwerk.

• Wees ’n positiewe voorbeeld van die waarde van leer en lees sodat die kind besef leer is ’n lewenslange proses. Dit help as jy terwyl hulle werk ook in die nabyheid besig is met iets soos admin of rekeninge betaal.

• Ontwikkel jou kind se algemene kennis en maak leer daagliks relevant.

• Inligting oor die kurrikulum; hoe vordering gemeet word; jou kind se onderwysers, hul name, sterk punte en gebreke; die onderwysers se verwagtinge van huiswerk; onderrigmetodes; die skool se gedragsbestuur, reëls en die beloningstelsel kan baie nuttig wees en jou leiding heelwat makliker maak .

• Laat met keuses soveel beheer en verantwoordelikheid moontlik aan die kind oor: wat, wanneer en hoe.

• Lê meer klem op insette en pogings as op uitsette, punte en prestasie.

• Moenie te veel druk plaas nie: “Doen net jou bes”, is druk!

• Beperk skermtyd.

Lees ook: Die Y-generasie en die einas

• Help hulle kontrolelysies te maak van alles wat hulle moet doen voor hulle gaan slaap, of soggens voor hulle skool toe gaan.

Aanmoediging en belonings is doeltreffender as omkoop en straf.

• Sorg vir ’n balans: reg en genoeg eet, genoeg slaap, fisieke oefening en aktiwiteite, tyd om te speel, ontspan en sosialiseer.

Foto: Pexels

Leer hulle van kleins af dink en doen

• Moenie iets doen wat hulle self kan doen nie: eet, aantrek, take, onthou wat hulle moet inpak of doen nie.
• Moenie te gou antwoord, wys of help nie. Laat hulle eers self probeer.
• Laat hulle toe om foute te maak en daaruit te leer.
• Vra eerder as om te sê.

Lees ook: Help jou kind dié oorgange baasraak

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

14 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

15 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

16 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

19 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

4 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.