4 tekens van skisofrenie wat jy kan sien deur Salomé Delport. Hooffoto: Christopher Ott vir Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Waarskynlik is jy, net soos ek, ’n bietjie bang vir skisofrenie. In werklikheid is dit maar net nog ’n siekte, en nie eens ’n aansteeklike een nie. Dit word ook nie met geweld en misdaad vereenselwig nie. Dit is ’n taamlik onskadelike toestand. Die een wat swaar kry, is die een wat daaraan ly.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gelukkig kan sowat 50% van mense met skisofrenie hul toestand nou so goed met medikasie beheer dat hulle heeltemal normaal met hul lewe aangaan – ’n werk behou, ’n huishouding aan die gang hou met van potplante tot kinders, en ja, dan ook suksesvol in ’n verhouding wees. Net ’n klein persentasie benodig permanente sorg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
So ’n positiewe verloop begin met ’n akkurate diagnose. Iewers moet iemand besef dat hier meer fout is as net ’n “moeilike” persoon. Ouers, kamermaats, huismaats en goeie vriende is gewoonlik die eerste wat agterkom dat iets verander het.
Waar begin ’n mens?
As jy vermoed iets skort, vra jou dokter vir ’n verwysing na ’n psigiater.
Vir behandeling in die staatsektor skakel jou munisipale kliniek om vas te stel op watter dag elke week of maandeliks vir psigiatriese pasiënte uitgesit is.
Diagnose móét deur ’n psigiater gedoen word. Moet nóóit toelaat dat ’n algemene praktisyn jou diagnoseer en behandel nie. Die verkeerde diagnose en behandeling kan die toestand vererger.
Skisofrenie steek meestal kop uit in die middeltienerjare tot vroeë dertigs. Gewoonlik verloop sowat twee jaar voordat die toestand kommerwekkend genoeg is vir die mense rondom die persoon dat hy by ’n dokter uitkom.
Jy as ouer is naaste aan jou kind. Hier is van die tekens wat jou moet waarsku dat iets skort:
Dit is nie nodig om paniekerig te raak nie. Dit kan beter uitwerk as wat ‘n mens ná jou aanvanklike skrik verwag. Mense met skisofrenie is meer geneig tot dwelmmisbruik, en moet hieroor ingelig word. Die helfte van mense met skisofrenie ly ‘n normale lewe – en is selfs uiters suksesvol.
Kyk net by watter beroemde en suksesvolle mense is skisofrenie gediagnoseer:
Dit is vir baie mense moeilik om hul skisofrenie te aanvaar. Hy – en sy naastes ook – loop dikwels ’n lang pad voor hy vrede maak hiermee sodat hy getrou sy medikasie gebruik en kan aangaan met ’n lewe waarin sy talente en gawes kan blom.
Kennis is mag. Lees na soveel as wat jy kan. Bly by betroubare webwerwe soos SADAG.
Vergeet van “wonderkure” soos Himalajasout of superdosisse van vitamiene.
As jy wel ’n ander soort terapie wil probeer, bespreek dit met jou psigiater. Moontlik kan dit nie skade doen nie – en ook nie help nie.
Lees ook: Die kwaai kalante: Raad vir ouers met aggressiewe kinders
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.