kategorieë: TrendsMode

Skinny la Minx en TAKE CARE

Vertel ons meer van jou nuwe versameling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Heather: Na ’n besoek aan New York in 2010 en ’n ontmoeting met Michelle Engel Bensko (’n bekende laslapmateriaal-ontwerper vir Cloud 9) het sy besluit dat ek die eerste ontwerper moet wees om ’n eksklusiewe reeks lap te ontwerp vir dié maatskappy. My eerste versameling was Cut out & Keep en was ’n groot sukses. Cloud 9 werk tans met verskeie ontwerpers en ek het ook ’n tweede reeks genaamd Up, Up & Away vir hulle ontwerp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat wil jy bereik met hierdie projek en hoe het die World Design Capital 2014-inisiatief bygedra?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heather: In 2014 sal Kaapstad se hardwerkende kreatiewe gemeenskap saamstaan om mekaar te ondersteun en te motiveer. Hulle sal hul ontwerpstandaarde na nuwe hoogtes bring. Die hooftema by Skinny la Minx is kruisbestuiwing (Cross Pollination). Ons wil met soveel moontlik internasionale en plaaslike ontwerpers saamwerk om verrassende en oplewende projekte aan te pak. Daar is hope inspirasie met die aansteeklike optimisme van hierdie inisiatief en om hierdie rede het ek vir Jessica genader om my lap in drabare gemaksdrag te transformeer.

Watter aspekte van jou TAKE CARE-klerereeks maak dit die perfekte pasmaat vir Heather se materiaal?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jessica: Die skoon lyne en eenvoudige silhouette van my klere komplimenteer Heather se patrone en bring die detail na vore.

Wat is jou planne vir die TAKE CARE-handelsmerk in 2014?

Jessica: Ek het opwindende vooruitsigte vir hierdie jaar. Ons werk aan ’n komplimentêre reeks wat TAKE CARE se uitrustings sal aanvul. Dit sal in ons Kloof Straat-winkel asook aanlyn beskikbaar wees. Daar is ook sprake van uitbreiding, moontlik na Johannesburg in die toekoms.

Watter impak dink julle gaan die WDC2014-inisiatief op ons pragtige stad, Kaapstad, hê?

Diegene wat die voorreg het om in Kaapstad tuis te gaan, word blootgestel aan wonderlike, talentvolle ontwerpers op ’n daaglikse basis. Hierdie inisiatief sal die kollig op die ontwerpers se talent plaas. Ons hoop dat daar baie meer belangstelling en beleggings (op groot skaal) in plaaslike ontwerp sal wees.

Die uitrusting wat ontwerp en gemaak is sal nie verkoop word nie en is net vir uitstal-doeleindes. Die doel agter die samewerking was om huishoudelike stiksters wat vanuit hul huise klere maak, asook aspirante mode-ontwerpers te inspireer om klere met Heather se Up, up and Away-reeks materiale te skep. Die materiaal is eksklusief beskikbaar in beperkte hoeveelhede van die Skinny laMinx winkel in 201 Bree Straat, Kaapstad.

Besoek Skinny laMinx op Facebook | Pinterest en Instagram

Besoek TAKE CARE op Facebook en Pinterest

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Daar’s (kos-)liefde in die lug!

In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…

5 mins Gelede

Smullekker halloumi-en-groente-burger

Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…

16 hours Gelede

Maryna Calow: Suid-Afrikaanse wyn se grootste ambassadeur

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch.     Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…

19 hours Gelede

Begrotingsrede: ‘n Kenner gee insig

’n Welvaartkenner  Jurgen Eckmann van Consult by Momentum sê wat verbruikers moet weet ná gister…

22 hours Gelede

Zandvliet vier 50ste oes

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede…

2 days Gelede

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies   Bestanddele   Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.