kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Skep ’n fokusmuur

Skep ’n fokusmuur deur Elandrè Swart met Cornel Dunn. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Onthou hierdie wenke wanneer jy ’n fokusmuur beplan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • ’n Fokusmuur is die punt in ’n vertrek waarheen die oog eerste getrek word. Kies ’n muur wat reeds die fokuspunt van ’n kamer is, soos die muur waarteen jy jou TV plaas, of die muur agter jou bed.
  • Alhoewel ’n bont kleur baie aantreklik lyk, moet jy seker maak dit pas by die res van jou vertrek. As jy ’n nuwe kleur wil voeg tot ’n vertrek, moet jy liefs nie die fokusmuur gebruik om dit te doen nie: Dit kan te oorweldigend wees.
  • Hou ook in gedagte hoe besig jou vertrek klaar is: As daar reeds te veel goed gebeur kan ’n fokusmuur dit net deurmekaar laat lyk.
  • Moet ook nie in ’n klein vertrek ’n fokusmuur skep nie, want dit sal die kamer kleiner laat voorkom.
  • Alhoewel daar byna oneindige opsies is om van te kies, is dit die beste om staat te maak op ’n soliede kleur verf teen jou muur – veral as jy effe bang is vir ’n groot verandering. Om die muur te verf is goedkoper as enige ander opsies, en dis maklik om dit weer toe te verf of te verander as jy nie heeltemal gelukkig is nie.

Lees ook: 5 maniere om kamers groter te laat lyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So het ons ’n fokusmuur geskep

Ons het ’n redelike vervelige muur bo ’n stel trappe gekies as ons fokusmuur om die vertrek meer lewe te gee. Die vertrek kry baie lig, die ander mure in die vertrek is beige en die huis is modern met ’n oop plan. Ons het Sabre se akriel-dakverf gebruik in hulle donkerste kleur, Charcoal. Charcoal is lekker modern en dit sal ’n dramatiese effek skep in die vertrek.

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

Stap 1: Ons het begin deur gate in die muur te boor vir die skildery sodat ons nie die nuwe verf vuilmaak wanneer ons boor nie. Ons het maskeerband geplak om seker te maak ons afmetings is korrek en dat ons op die regte hoogte boor.

Stap 2: Plaas koerantpapier op die vloer om seker te maak dat jy nie mors nie. Plak ook maskeerband oor die vloerlys en deurrame.

Stap 3: Begin die muur van binne af buitetoe met ’n roller verf. Om netjies in die hoeke te verf het ons  ’n kleiner kwas gebruik. Ons het 2 lae verf aangewend.

Stap 4: Wanneer die verf droog is kan jy die maskeerband aftrek. Ons het besluit om die vloerlys wit te verf sodat dit ’n mooi kontras met die muur vorm. Plaas weer maskeerband op die muur en op die vloer om nie te mors nie. Verf die vloerlys met ’n kleiner kwas. Maak seker jy plak die maskeerband styf teen die oppervlak om geen borrels te veroorsaak nie.

Stap 5: As alles droog is kan jy jou muur voltooi.

Lees nog: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

9 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

10 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.