kategorieë: InspirasieJou lewe

Skep jou eie droombord

Wérk ’n vision board?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wel, soms! Ek weet van verskeie gevalle waar dit jou tydens ’n ervaring tref dat jy nou ’n prentjie leef wat jy jare gelede op ’n droombord geplak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Droombord help jou brein fokus, sê die alombekende lewensgids en skrywer Martha Beck. “As jy gereeld dieselfde soort sjampoe gebruik, staan daardie spesifieke bottel uit op ’n oorvol winkelrak. Jy vat dit maklik raak. Net so plant ’n vision board die beelde van situasies en/of voorwerpe in jou onbewuste en beïnvloed dan keuses en gedrag wat daardie visie kan help realiseer.” Boonop is dit ’n plesierige proses!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volg Martha se drie maklike stappe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vind prente wat met jou praat

Dis belangrik om prente te kry van begeertes wat jóú gelukkig sal maak. ’n Eilandvakansie of ’n sportmotor verteenwoordig die samelewing se idee van sukses, maar is dit regtig JOU diepste verlange? Martha stel voor dat jy na ongewone prente soek en jou kop se kommentaar ignoreer. Kies prente (in tydskrifte of op die Internet) wat ’n duidelike reaksie in jou liggaam sneller, soos om jou jou asem te laat intrek of jou hart ’n slag te laat mis.

2. “Vergeet” van jou droombord

Plak jou prente op ’n vel karton of maak ’n collage op jou rekenaar, en tree dan op asof jy ’n proses suksesvol aan die gang gesit het. ’n Angsbevange of meedoënloos uitkomsgerigte instelling skep net onnodige weerstand. As jy ontspan, gaan jy makliker oplet wanneer ’n gawe geleentheid by jou verbykom.

3. Bring jou kant

Fase 2 gaan oor in fase 3 wanneer jy besef dis tyd vir optrede om ’n droom waar te maak. Hierdie fase is taamlik onvoorspelbaar – dis ’n balanseertoertjie van gereeld droom oor die beelde op jou droombord, rustig raak, en aksie neem.

Ekstra wenk

As jy nie lekker tydskrifprente kry nie, gaan na ’n boekwinkel en staan voor die tydskrifrak. Skreef jou oë sodat jy die tydskrifte nie heeltemal duidelik kan sien nie en “voel” watter tydskrifte jou trek. Koop so drie van hulle om prente uit te skeur.

Google “Martha Beck vision boards” vir detailinligting.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

32 mins Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

3 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Die lied van haar lewe Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in ‘Suidooster’

Die akteur Sean Aucamp-van Noordwyk (30) het vandeesweek sy verskyning in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.