kategorieë: Ons menseBekendes

Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit onder andere in Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter. Talentvolle jong akteurs maak ook hulle buiging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Ons maak kennis met die inwoners van Gemoedsdrif, en die plase in die onmiddellike omgewing, wanneer die aflewering van ’n brief lei tot groot spanning en gebeure wat die lewe van die Louw-familie onherroeplik gaan verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Khadija Heeger vertolk die rol van Jasmine Louw wat Everlasting besit. Everlasting is al vir generasies in Jasmine se familie. Vandag is sy die eienaar van beide Everlasting en Everlasting Bloemiste & Bistro in Gemoedsdrif.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jasmine Louw

Khadija is vreeslik opgewonde oor dié telenovelle: “Skemergrond het iets vir almal – van oud tot jonk. Ons vertel die stories van ons mense en hoop dat elke kyker iets kan vind waarmee hulle hulself kan vereenselwig.”

Jasmine is getroud met JP (Charlton George). Hulle het twee pragtige dogters, Hazel Maarman (Carmen Maarman) en Lily (Hildegardt Whites). Hazel bly tans op die plaas met haar gesin waar sy Everlasting bestuur. Sy is getroud met Ronnie (Mario Haupt), en hulle het een seun, Junior (Ayden October).

Lily het op 16-jarige ouderdom uit die bloute haar sakke gepak en Everlasting verlaat sonder enige verduideliking. Sy toer Europa plat met haar dogter, Amber (Talia Davis). Sal Lily ooit die waarheid praat oor hoekom sy gevlug het?

Amber Louw

Die Pienaar-familie bly ook op Everlasting. Erica (Shimmy Isaacs) werk by beide Everlasting Bloemiste en Bistro en Gemoedsdrif Hotel. Sy is uitgesproke, selfversekerd en vreesloos. Haar ma, Ragel (Nazli George), spandeer meeste van haar tyd in haar werkskamer waar sy besig is met haar blommerangskikkings en potpourri vir Everlasting Bloemiste & Bistro. Haar pa, Abel (Noel Oostendorp), is die voorman op die plaas. Erica het ook ’n seun, Louis (William Adams), wat min tot geen blootstelling of ervaring van die buitewêreld het nie. Hy ken net die plaas en die dorp.

Manny Goosen (Dirk Stoltz) is aan die stuur van sake in die dorp – altyd met ’n knertsie in die hand. Hy besit Gemoedsdrif Hotel en sien homself as die dorp se bewaarder.

Manny Goosen

Ruan Smit (Dann-Jaques Mouton) is die speurder op die dorp. Hy is baie passievol oor sy werk en soek net een ding: geregtigheid.

Ruan Smit

Patty Paulsen (Gretchen Ramsden) is die hotel se nuwe sjef. Sy is ’n mense-mens, maar moenie die fout maak om te dink sy is ’n softy nie.

Patty Paulsen

Die Maritz-familie besit die buurplaas Lang Verloren. Tillie (Deirdre Wolhuter) is getroud met Willem (Deon Lotz) en hulle het ’n seun, Dirk (Wilhelm van der Walt). Tillie en Jasmine is beste vriendinne en hulle het vertrouelinge geword toe hulle die uitdagings van plaasvroue in ’n moeilike era vir vroue navigeer het. Hulle het ’n stil, stoïsynse en ondersteunende vriendskap.

Christine Atkins (Devonecia Swartz) is ’n suksesvolle besigheidseienaar in Kaapstad. Sy besit ’n geleentheidsmaatskappy, Atkins Affairs. Christine is op soek na antwoorde en dit lei haar na Gemoedsdrif.

Christine Atkins

Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte.

Kevin Johannes

Gloria Meyer (Hunter Plaatjies) is ’n lewenslustige blommeverkoper op die Kaapse Vlakte. Met haar ma se afsterwe het Gloria belowe om na haar broer, Fabian (Marunzo Thomas), te kyk. Ten spyte van al die probleme wat sy by die huis in die gesig staar, is Gloria vol lewe en passie.

Beeno Beukes (Duncan Johnson) het grootgeword in die rowwe dele van die stad waar hy vanaf ’n jong ouderdom baie van die onderwêreld geleer het. Oor die jare het hy ’n lojale groep mans bymekaar gemaak wat die dwelms hanteer sodat hy kan fokus op die groter prentjie – om sy invloed en grondgebied uit te brei.

Beeno Beukes

Die Cloetes is die nuwelinge op die dorp. Hulle vlug na Gemoedsdrif om van hul lewe in die Kaap te ontsnap. Brandon (Anton Jeftha) en Sylvia (Melissa de Vries) is getroud, en hulle maak Brandon se broerskind, Shakiel (Ashley Riddles), groot. Brandon en Sylvia kom bied danslesse in Gemoedsdrif aan, maar hoekom het hulle weggehardloop?

Scharl Van Der Merwe, toesigvervaardiger van dié telenovelle, sê die span is baie opgewonde oor die briljante ensemble van Skemergrond.

“Soos ’n tuin vol veelkleurige blomme, bring elke akteur ’n eie skakering van lewe, kompleksiteit en raaiselagtigheid na ons verhaal. Hulle vertolkings is so betowerend soos die geurige belofte van ’n lenteoggend, wat verseker dat die kyker vasgevang sal word in ’n wêreld van onvoorspelbare intrige,” sê hy.

Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: In Julie begin Bolhuis beslis oor netelige sake op kykNET

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

3 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

3 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

1 day Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

1 day Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

1 day Gelede

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na 'n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en 'n nuwe groep deelnemers wat…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.