Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te midde van uitdagings. Hierdie maand beloof om kykers na hul asem te laat snak met verrassende intriges en onverwagte onthullings – van familiekrisisse en romantiese dilemmas tot gevaarlike speletjies en planne wat dalk net kan slaag.
Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof
- Die Louws sien eindelik die lig aan die einde van die tonnel wanneer al hulle ou kliënte weer aan hulle deur kom klop. Maar hulle geluk is van korte duur. Christine kom met nóg ’n bose plan vorendag, wat vir struikelblok ná struikelblok sorg. Maar hulle gee nie gou op nie, en Lily ontdek iets op die plaas wat hulle dalk mag help.
- Ronnie probeer sy bes om ’n beter man vir Hazel te wees en wil graag sy troubeloftes met haar hernu, maar dis nie ’n maklike ja vir Hazel nie. En boonop is haar eerste prioriteit nou Junior se gesondheid. Gaan Gemoedsdrif makietie hou dié maand?
- Al probeer Gloria hoe hard om uit Beeno se kloue te kom, lyk dit nie of dit sommer gou gaan gebeur nie. Beeno is vasberade om met haar te trou en wil binnekort ’n datum vasmaak. Hy gaan so ver om bruilof-venues te besoek. Intussen betrek Kevin vir Ruan om Beeno vas te trek, en Ruan is meer vasbeslote as ooit om dié plan te laat werk.
- Shakiel kry ’n onderhoud in Kaapstad vir ’n moontlike beurs, en al is Brandon huiwerig om hom te laat gaan, stem hy en Sylvia tog in. Beeno sien per toeval vir Shakiel raak en laat hom agtervolg na Gemoedsdrif. Dis nie lank nie en Brandon kry ’n boodskap van Beeno wat hom dwing om hulle ware identiteit aan die inwoners van Gemoedsdrif bekend te maak.
Kyk Skemergrond elke Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie