kategorieë: Blogs

Skape van die bokke skei

Ek leer sommer gou die Chinese het meer as een woord om hul nuwe jaar in te wei. Behalwe vir Chinese New Year staan dit ook bekend as Lunar New Year of Spring Festival. Die presiese datum word bepaal deur die maan se siklus – laat in Januarie of vroeg-Februarie. Nogal vreemd om jou nuwe jaar later in die jaar te begin, nê?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die detail hieraan verbonde? Wel, volgens die Chinese diereriem is 2015 die jaar van die skaap. Indien jou geboortedatum dus onder hierdie diereriem val, is hierdie jóú jaar om te trou of ’n lotto-kaartjie te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verder word die inkopiesentrums, restaurante, skole en markte van kop tot toon versier met skape. Nou nie regte skape nie, maar wel klein, nagemaakte, wollerige weergawes wat die strate en winkelvensters vul. Skaap-teddiebere. Om presies te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit was nie lank na die skapies hul verskyning gemaak het dat die Westerse mense begin vrae vra nie…

“Isn’t that a goat?” sê-vra my Skotse vriendin vir my.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja-nee, daai is ’n boerbok! Daaraan is geen twyfel nie.

Later gewaar ek ook ’n ram of twee in ’n winkelvenster. Skaap? Bok? Ram? Ken die Chinese dan nie die verskil nie? Vir die volgende paar weke word die koerante, webtuistes en kantoorgesprekke oorheers met dié onderwerp.

Die verduideling? Wel, dis eintlik heel eenvoudig. Die Chinese het net een woord om enige vorm van ’n skaap-agtige dier te beskryf: yáng. Dié woord is die algemene naam vir alle skape en bokke, maar daar word dan verdere onderskeid getref deur spesifieke name aan die diere toe te skryf. Shanyáng beteken bok en miányáng, skaap. As mens egter van skaapvleis praat, is dit yángròu. (Ròu is die woord vir vleis). As jy dus skaapvleis koop, kan jy dalk opeindig om bok te eet.

En natuurlik kan hulle glad nie verstaan waarom ons so ’n ophef daarvan maak nie.

Ek haal graag ’n opmerking aan uit ’n onlangse webwerf-berig:
“Ek het nog nooit voorheen só daaraan gedink nie; is dit werklik nodig om onderskeid te tref”, vra Chen Xufeng, ’n kantoorklerk in Beijing. En las dan by: “Ek verkies om ’n skaap-gelukbringer vir nuwejaar te koop. Hulle is ouliker en meer wollerig as ’n bok!”

Nou ja toe. Wie sou nou ooit kon dink dat ’n skaap soveel opspraak kon verwek hier in China?

Aanhaling verkry vanaf http://www.yingyu.com/

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

26 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.