8 wenke vir Skandinawiese dekor in jou huis
1 Beligting
Hier is konvensionele beligting sowel as atmosfeer belangrik. Die ontwerp is grootliks in industriële styl.

Bowl metaal lig (R1 295) Weylandts
2 Vorm en funksie
Die meubelstukke het sagte rondings en word in sagte kleure oorgetrek.

Bank met sagte rondings
3 Vloerbedekking
Volvloermatte hoort nie in hierdie styl nie. Houtvloere word natuurlik gelaat of wit geverf.
4 Botaniese elemente
Vars blomme en plante is nie ’n luukse nie, maar eerder ’n noodsaaklikheid.

Trachycarpus 65L(R2 995) Weylandts
5 Neutrale kleure
Kleure word beperk tot wit, swart, bruin en room om ’n kalm omgewing te skep.

Skandinawiese slaapkamer
6 Klottervry
Skandinawiërs verpes chaos. Sorg vir genoeg stylvolle stoorplek.

Klerereling (R2 500) Mono Shop
7 Vensterbedekking
Vensters word eenvoudig bedek met linne, om ’n skoon en eenvoudige voorkoms te verseker.
8 Tekstuur
Skaapvelletjies, wol en fop-pels word mildelik gebruik.

Bed met fop-pels
Verbruikersgids
Monoshop | monoshop.co.za
Weylandts | 021 914 1433