kategorieë: KosLaekoolhidraat

Skakel só oor na ’n laekoolhidraatleefstyl

rooi rose-kosredakteur, Vickie de Beer, se splinternuwe kookboek, My Low Carb Kombuis (Quivertree, R295) bevat alles wat jy oor ’n laekoolhidraatdieet moet weet. Ons deel ’n uittreksel …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat behels ’n laekoolhidraatdieet?

• Om ’n laekoolhidraatdieet te volg, beteken dat jy jou daaglikse koolhidraat-inname tot sowat 50-90 g per dag beperk. Koolhidraatryke kossoorte word met proteïene, vette en veselryke groentes vervang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Die vette wat in hierdie dieet ingesluit word, is gesonde vette, soos mono-onversadigde vette wat in botter, neute, sade, olyfolie, klapperolie en avokado’s voorkom; en poli-onversadigde vette wat in visolies en sommige dierevette soos spek en botter voorkom.

• Dit beteken dat jy alle verwerkte kosse wat skadelike kleurstowwe, geurmiddels, verdikmiddels en versteekte suikers en stysels bevat, uitsny.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Dit beteken ook dat jy al die kos wat jou gesin eet, self gaarmaak – geen wegneemetes, klaargemaakte supermarkkos, pakkies souse en mengsels nie.

Skakel só oor na ’n laekoolhidraatleeftyl

STAP 1: Beplan!

Jy gaan nie hierdie verandering kan maak sonder beplanning nie.

1. Stel ’n weeklikse maaltydplan op. Beplan alles, ook peuselhappies, drankies en kosblikke, nie net ontbyte en aandete nie. As jy alles byderhand het, maak dit die wêreld se verskil.

In My Low Carb Kombuis gee ek wenke oor hoe om weeklikse maaltydplanne op te stel.

  1. Maak ’n inkopielys en koop genoeg vir ’n week se etes. Ons koop al ons kruideniersware op ’n Saterdag aan.
  2. Verander net eers een maaltyd na ’n laekoolhidraatmaaltyd. Vir ons was dit die maklikste om graankosse uit te sny en met groensap, smoothies, volroom jogurt en spek en eiers te vervang.
  3. Kook vooruit. Sjefs weet alles van voorbereiding; hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê. Ons gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man werk albei voltyds, en as ons nie ’n bietjie mise en place vir die week doen nie, sukkel ons. Onthou, ons wil nie in die groef verval om oorverwerkte en ongesonde wegneemetes of klaargemaakte supermarkmaaltye te eet nie.

5 goeie redes om maaltydplanne op te stel

• Dit skakel stres uit omdat jy nie hoef te wonder wat om vir aandete te maak nie.

• Dit help jou om seker te maak jy het die korrekte bestanddele byderhand.

• Minder vermorsing: jy werk oorskietkos by die maaltydplan in.

• Spaar tyd tydens ’n stresvolle week, jy is minder geneig om op wegneemetes staat te maak.

• Jy spaar ook geld, want jy ry minder supermark toe.

Probeer dié resep: Gatskop-groensap – klik hier vir die resep.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

9 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.