kategorieë: Blogs

Skaduwees

Onthou jy hoe ons kleintyd vir ons skaduwees probeer weghol het? Pure verniet. Hulle was aan ons hakke vasgeplak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skadu’s was soms die oorsaak van die naarste bangmaak-ervarings. Een aand ná slaaptyd in my ouma se gastekamer, terwyl die grootmense gesellig om die eetkamertafel gekuier het, het ek die grootste angs uitgestaan oor die man in die hoek. Hy het liggies heen en weer gewieg, en ek het geweet: enige oomblik kóm hy vir my. Totdat my pa opgedaag en die man met ’n towerslag in ‘n baadjie oor ‘n stoel voor die oop venster verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ongelukkig word alle skadu’s nie so maklik verdryf nie. Mense wat met depressie worstel, praat van ’n alles-versmorende donker wolk. Die oorsensitiewes onder ons vrees die onheilspellende skadu wat onverwags op ’n ouer, ’n onderwyser of ’n geliefde se gesig kom lê. En dan is daar die dal van doodskaduwee wat, so glo baie, vir almal wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek hou meer van die idee dat die liefde en skaduwees ‘n paar dinge gemeen het. Nie een kan vasgevat word nie, maar hulle bestaan is die bewys van iets solieds. Soms raak hulle oënskynlik soek, maar sodra daar ‘n bron van lig is, verskyn hulle weer. Hoe helderder die lig, hoe skerper is hulle afgeëts. En hulle verlaat ons nooit.

Gelukkig is elkeen van ons wat, wanneer dit warm raak, in iemand se koel, verwelkomende skadu kan rus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.