Serves:Genoeg vir 4 as ete saam met pasta.Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
45 ml (3 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 wortels, gekap
2 selderystingels, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
4 groot skaapskenkels
sout en gemaalde swartpeper
250 g pancetta of dik spek, in stukkies gesny
90 ml tamatiepasta
2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamatie
500 ml (2 k) rooiwyn
bouquet garni: ’n paar takkies pietersielie, tiemie, roosmaryn en 2 lourierblare met kombuistou vasgebind
Instructions
1 Volg Stap 1 en 2 van die Klassieke ragù à la bolognese maar laat die lewertjies weg. 2 Gooi 15 ml (1 e) van die olie in dieselfde kastrol. Braai die skenkels alkant goudbruin en geur met sout en peper. Sit by die groente in die oondpan. 3 Skink die helfte (250 ml) van die wyn by en skraap die boom van die pan skoon. Gooi dit by die groente en vleis in die oondpan. 4 Voorverhit die oond tot 140 °C. 5 Gooi die blikkies tamatie, res van die rooiwyn en bouquet garni by, bedek met foelie en prut stadig oor lae hitte vir 2-3 uur tot die vleis sag is en van die been afgetrek kan word. 6 Lig die skenkels uit die kastrol en trek die vleis met 2 vurke van die been af. Skep die vleis terug in die sous en laat vir nog 30-60 min. prut.
Dien so op:
Skaapskenkel-ragù in reuse-skulpe
Genoeg vir 4-6
Braai 1 ui en 5 ml gekapte knoffel in ’n klein kastrol, gooi 1 blik heel, geskilde tamaties by en druk met ’n vurk fyn. Gooi 125 ml hoenderaftreksel, 'n hand vol babatamaties en ’n paar basiliekruidblare by en kook vir 5-6 min. Kook 10-12 conchiglie-pastaskulpe vir 7-9 min. in kokende, gesoute water tot net sag. Dreineer en dompel in koue water. Meng die tamatiesous, 125 ml (halwe houer) crème fraîche en ’n hand vol babatamaties en gooi in ’n oondpan. Skep 30 ml (2-3 e) van die skaapskenkel-ragù in elke pastaskulp en pak op die tamatiesous. Bak vir 15-20 min. by 200 °C tot die sous prut. Skep 125 ml (res van die houer) crème fraîche en basiliepesto op elke skulp, strooi vars basilie oor en sit warm voor.