Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 2 kg heel lamsrib
Kooksous
• 8 cm vars gemmer, geskil en in skyfies gesny
• ’n klein bossie vars koljander
• 375 ml mout- of appelasyn
• ¹/³ k (90 g) bruinsuiker
• 4 heel steranys-peule
• 2 kaneelstokkies
• 500 ml (2 k) lemoensap
• 30 ml (2 e) sout
• 2 liter water
Marinade
• 160 ml mout- of appelasyn
• 30 ml gerasperde lemoenskil
• 250 ml (1 k) bruinsuiker
• 30 ml gerasperde gemmer
• 15 ml Chinese vyf speseryepoeier
• 125 ml heuning
• 30 ml (2 e) sojasous
• 15 ml (1 e) sout
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die kooksous in ’n groot kastrol, voeg die rib by en kook vir 1 uur tot sag. 2 Meng intussen al die marinade-bestanddele en hou eenkant. 3 Sit die gedreineerde lamsrib in ’n plat plastiek- of glasbak. Verf die marinade alkant oor die vleis en marineer vir 2-3 uur. 4 Voorverhit die oond tot 200 °C. 5 Sit die rib op ’n bakplaat en gooi enige oorblywende marinade bo-oor. 6 Rooster die ribbetjies vir sowat 20 min. tot klewerig.