– Resep deur Vickie de Beer. Foto: Neville Lockhart
Nog slim idees
Espresso-kolwyntjies
Vervang een eetlepel kakao van die resep regs deur ’n eetlepel sterk kitskoffiepoeier.
Versiering: Verhit 250 ml (1 k) strooisuiker, 60 ml (1/3 k) water, 3 ml kremetart en 30 ml (2 e) kitskoffie en roer tot die suiker opgelos is. Laat kook, verlaag die hitte en laat vir 3 min. prut. Klits drie eierwitte tot sagte punte. Voeg die stroop in ’n dun straaltjie by terwyl jy deurentyd klits. Klits tot dik en blink. Skep op die kolwyntjies. Strooi kakao oor.
Lemoen-en-sjokolade-kolwyntjies
Voeg die gerasperde skil van een lemoen by die beslag en gebruik avokado-olie met suurlemoen in die beslag.
Versiering: Verhit 250 ml (1 k) strooisuiker, 60 ml (1/3 k) lemoensap, gerasperde skil van 1 lemoen, 3 ml kremetart en 30 ml (2 e) lemoenlikeur en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 3 min. prut. Klits drie eierwitte tot sagte punte. Voeg die stroop in ’n dun straaltjie by terwyl jy deurentyd klits. Klits tot dik en blink. Skep op die kolwyntjies.