1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 24 cm koekpan met bakpapier uit en smeer met botter.Sjokoladekaaskoek
Ingredients
Instructions
2 Meng die koekies, kaneel en gesmelte botter goed in ’n voedselverwerker. Sit die mengsel in die gesmeerde koekpan en druk met jou vingers ’n kors onderin en teen die kante van die koekpan. Sit vir 30 min. in die yskas.
3 Vulsel: Smelt die sjokolade soos beskryf en hou eenkant sodat dit effens afkoel.
4 Klop die suiker en eiers met ’n elektriese klitser tot dik en romerig, dit sal ook ligter van kleur word. Voeg die roomkaas by en meng deeglik. Vou die sjokolade by en meng deur.
5 Haal die kors uit die yskas. Sit die koekpan op ’n bakplaat en gooi die mengsel in die kors. Bak vir 1 uur in die middel van die oond. Skakel die oond af, maak die oonddeur effens oop en laat staan die koek vir sowat 2 uur in die oond om behoorlik te set. (Moenie bekommerd wees as daar van die botter uit die kors bak nie.)
6 Lig versigtig uit en sit oornag in die yskas om te set.
7 Haal die kaaskoek so ’n halfuur voor opdiening uit die yskas. Strooi kakao deur ’n fyn teesiffie oor en sit met vars bessies en kersies voor.