kategorieë: GebakKosJy kan

Sjokoladefudge

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wit-en-bruin sjokoladefudge

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Wit sjokoladefudge
  • 400 g (4 plakke) wit sjokolade
  • 250 ml (1 k) kondensmelk
  • 60 g botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Melksjokoladefudge

  • 200 g (2 plakke) melksjokolade.
  • 125 ml (½ k) kondensmelk
  • 30 g botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sjokoladefudge

genoeg vir sowat 20 blokkies

  • 200 g melksjokolade, fyn gekap
  • 200 g donker sjokolade, fyn gekap
  • 120 g botter
  • 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
  • 125 ml (½ k) room
  • 30 ml (2 e) kitskoffie
  • 5 eiers
  • 30 ml (2 e) koekmeel, gesif

Bestanddele

Wit-en-bruin sjokoladefudge

  1. Spuit ’n vierkantige pan van 18 x 18 cm met kleefwerende kossproei.
  2. Begin met ’n wit sjokoladelagie. Verhit 200 g wit sjokolade, 125 ml (½ k) kondensmelk en 30 g botter in ’n klein kastrol oor lae hitte.
  3. Roer tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad en blink is. Gooi dadelik in die voorbereide pan. Laat set in die yskas.
  4. Melksjokoladefudge: Volg dieselfde metode en gooi oor die wit sjokoladefudge. Laat set in die yskas.
  5. Smelt weer 200 g wit sjokolade, 125 ml kondensmelk en 30 g botter oor lae hitte. Roer tot gesmelt en blink. Eindig weer met ’n lagie wit sjokolade fudge. Laat in die yskas set. Keer uit en sny in ewe groot blokke.

Sjokoladefudge

Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n broodpan met ’n kapasiteit van 2 liter met bakpapier uit.

  1. Verhit die sjokolade, botter, suiker, room en koffie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is en alles gesmelt en glad is.
  2. Voeg die meel by die eiers en klits tot goed gemeng.
  3. Voeg die sjokolademengsel geleidelik by die eiermengsel. Klits deurentyd. Gooi die mengsel in die pan en sit in ’n dieperige bakplaat. Gooi water in die bakplaat tot die helfte van die broodpan in die water staan.
  4. Bedek met foelie. Bak vir 2 uur, verwyder die foelie en bak vir nog 30 min. Bepaal met ’n toetspen of die fudge gaar is. Sit in die yskas en laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.