Genoeg vir 6. Tyd: 30 minute.
Bestanddele
- 150 ml dubbeldikroom
- 100 g botter, in blokkies gesny
- 400 g donkersjokolade, ruweg gekap
- 150 g gemmerkoekies, gekrummel (nie te fyn)
- 80 g pistasieneute, grof gekap
- 125 g (sowat 14) pruimedante, ontpit en in repies gesny
- kakao om oor te sif
Metode
- Smeer ’n vierkantige losboompan van 20 cm x 20 cm met olie.
- Smelt die room, botter en sjokolade saam in ’n glasbak oor ’n dubbelkoker. Roer tot glad en glansend.
- Gooi die koekies, neute en pruimedante in ’n bak en gooi die sjokolademengsel oor. Meng liggies deur en skep in die pan. Druk dit mooi gelyk en smeer glad met ’n slaplemmes. Laat afkoel. Sit in die yskas tot heeltemal geset.
- Keer die tert uit die pan en sif ’n dik laag kakao oor. Sny in 2 cm-stafies en smul!