Sjokolade-piesangbrood
1 Verhit die oond tot 180 ºC; spuit ’n broodpannetjie met kleefwerende kossproei. 2 Klits die olie en suiker saam tot romerig. 3 Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. 4 Los die koeksoda in die suurroom op en klits by die eiermengsel. 5 Vou die meel lepel vir lepel by die eiermengsel in. Voeg die piesang, vanieljegeursel en sjokoladestukkies by en meng goed. 6 Giet die mengsel in die broodpannetjie en bak vir 45 - 60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 7 Laat effens afkoel voor jy die brood sny en met botter voorsit.Sjokolade-piesangbrood
Ingredients
Instructions