Sjokolade-ontbytbakkie resep
Sjokolade vir ontbyt? Dit is die jongste gier in die koswêreld en ons kon nie wag om dit te toets nie.
Genoeg vir 2
Metode:
1 Verwerk 1 piesang, ’n halwe avokado, 125 ml (½ k) dubbelroom Griekse jogurt, 15 ml (1 e) organiese suikervrye grondboontjiebotter en 10 ml (2 t) kakaopoeier in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Gooi in bakkies, sit ’n hand vol bessies by en smul.