Serves:Genoeg vir 24Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Choux-deeg
310 ml (1¼ k) broodmeel
80 ml (1⁄3 k) kakao
310 ml (1¼ k) melk
125 ml (½ k) botter
60 ml (¼ k) suiker
knypie sout
4 ekstragroot eiers
Vinnige, lekker bolaag
100 g (1 blok) donkersjokolade, gekap
60 ml (¼ k) karamelkondensmelk
Chantilly-room
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Instructions
Voorverhit die oond tot 210 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
1 Vir die choux-deeg: Sif die meel en kakao saam op bakpapier. 2 Meng die melk, botter, suiker en sout in ’n kastrol en smelt oor matige hitte tot die suiker opgelos is. Haal van die hitte af en voeg die meelmengsel op een slag by. Roer met ’n houtlepel tot die meel ingemeng is. 3 Sit die kastrol terug op matige tot lae hitte en kook vir sowat 1 min. tot die deeg van die kante wegtrek. Roer deurentyd. Maak seker die deeg is deeglik gekook en gaar. Die proses raak ontslae van oortollige vog sodat die poffertjies krakerig is. 4 Klop die deeg in ’n elektriese menger tot effens afgekoel. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Skep in ’n spuitsak met ’n ronde 1 cm-tuit. 5 Spuit ’n vet V-vorm op die bereide bakpaat en sit in die oond. Verlaag die temperatuur tot 200 °C en bak vir 10 min. Verlaag die temperatuurtot 180 °C en bak vir nog 8min. Laat effens op draadrakkies afkoel. 6 Sny die hartjies oop en pak met die gesnyde kante na onder op die draadrakkies. Skakel die oond af en sit die rakkiesterug in die oond sodat die hartjies heeltemal kan afkoel en verder uitdroog (sowat 1 uur). 7 Vir die bolaag: Smelt die sjokolade en meng die karamel goed deur. Smeer op die bokante van die afgekoelde hartjies. Maak glad met ’n warm mes. 8 Vir die Chantilly-room: Klop die room, versiersuiker en vanielje tot stywe punte vorm. Skep die room op die onderkante van die éclair-hartjies - sit genoeg op sodat dit effens uitpeul as jy die hartjies toemaak. Sit die bokante terug op elke hartjie.