Metode: #rooirosewenk: Vir ’n variasie, vervang die wit sjokolade met donkersjokolade (in die vulsel) en versier die tert met caramel.Sjokolade-en-kruie-tert
Ingredients
Instructions
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 35 cm x 12cm vierkantige tertpan met ekstra botter.
2. Plaas die sjokolade en botter in ’n klein mikrogolfbare houer en verhit tot gesmelt, roer af en toe. Voeg die koekiekrummels, kruie en lemoenskil by. Meng in ’n voedselverwerker tot net gemeng.
3. Druk die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 15 minute, of tot gestol en effens bruin. Laat heeltemal afkoel.
4. Vir die vulsel: verhit die marmelade in die mikrogolf tot effens loperig, en borsel die onderkant van die tertdop daarmee.
5. Verhit die room, kruie en skil in ’n klein kastrol oor medium hitte en laat trek vir 15 minute.
6. Giet die room deur ’n sif en verhit dit oor ’n medium hitte tot warm. Gooi die warm room oor die wit sjokolade in ’n mengbak. Laat staan vir ’n paar minute en klits tot glad. Gooi die sjokolademengsel in die tertdop. Stol in die yskas vir ten minste 2 uur.
7. Verwyder 5 minute voor bediening uit die yskas en versier met ekstra tiemietakkies en roosmaryn.