• 300 g vrugtekoekmengsel (soos rosyntjies, sultanas en lemoenskil)
• 250 ml donker rum
• 60 ml (4 e) garam masala-speserymengsel
• 60 g suiker
Nat bestanddele
• 150 g botter
• 200 g suiker
• 2 eiers
• 30 ml (2 e) Griekse jogurt
• 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
Droë bestanddele
• 100 g koekmeel
• 80 g amandelmeel (fyn gemaalde amandel)
• 40 g kakaopoeier
• knypie sout
• 5 ml (1 t) koeksoda
• 10 ml (2 t) bakpoeier
• 100 g okkerneute
• 100 g donkersjokolade, ruweg gekap
Versiersuiker
• 250 g sagte botter
• 500 g roomkaas (mediumvet)
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 1 ml sout
• 150 g versiersuiker
Instructions
1 Meng die vrugtekoekmengsel, vrugte, rum, garam masala en suiker saam in ’n middelslag-bakkie. Week vir 1 uur. 2 Voorverhit die oond tot 160 ˚C. Voer ’n losboomkoekpan met ’n deursnit van 25 cm en ’n hoogte van 10 cm met bak-papier uit. 3 Klop die botter en suiker saam in ’n mengbak en klits met ’n elektriese menger tot lig en donsig. 4 Meng die eiers en die vanielje by die bottermengsel en voeg laastens die jogurt by. 5 Meng die meel, amandelmeel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot mengbak. Voeg die okkerneute en sjokolade by en roer deur. 6 Voeg die geweekte vrugte saam met die vloeistof waarin dit geweek het by die meelmengsel en meng goed. Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed deur. 7 Gooi die deeg in die voorbereide pan en bak vir 1 uur 30 minute, of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat eers effens in die koekpan afkoel voor jy die koek op ’n draadrak uitkeer. 8 Meng al die bestanddele vir die versiersuiker in ’n mengbak. Skep op die koek en smeer die versiersuiker oor die koek. Die koek is baie klam - dit breek ’n bietjie wanneer jy dit sny.