Sjokolade-en-garam masala-koek deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Julia van Maarseveen. Foto’s deur Lindy Kriek
Sjokolade-en-garam masala-koek
Ingredients
- • 300 g vrugtekoekmengsel (soos rosyntjies, sultanas en lemoenskil)
- • 250 ml donker rum
- • 60 ml (4 e) garam masala-speserymengsel
- • 60 g suiker
- Nat bestanddele
- • 150 g botter
- • 200 g suiker
- • 2 eiers
- • 30 ml (2 e) Griekse jogurt
- • 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
- Droë bestanddele
- • 100 g koekmeel
- • 80 g amandelmeel (fyn gemaalde amandel)
- • 40 g kakaopoeier
- • knypie sout
- • 5 ml (1 t) koeksoda
- • 10 ml (2 t) bakpoeier
- • 100 g okkerneute
- • 100 g donkersjokolade, ruweg gekap
- Versiersuiker
- • 250 g sagte botter
- • 500 g roomkaas (mediumvet)
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- • 1 ml sout
- • 150 g versiersuiker
Instructions
1 Meng die vrugtekoekmengsel, vrugte, rum, garam masala
en suiker saam in ’n middelslag-bakkie. Week vir 1 uur.
2 Voorverhit die oond tot 160 ˚C. Voer ’n losboomkoekpan
met ’n deursnit van 25 cm en ’n hoogte van 10 cm met bak-papier uit.
3 Klop die botter en suiker saam in ’n mengbak en klits met ’n elektriese menger tot lig en donsig.
4 Meng die eiers en die vanielje by die bottermengsel en voeg laastens die jogurt by.
5 Meng die meel, amandelmeel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot mengbak. Voeg die okkerneute en sjokolade by en roer deur.
6 Voeg die geweekte vrugte saam met die vloeistof waarin dit geweek het by die meelmengsel en meng goed. Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed deur.
7 Gooi die deeg in die voorbereide pan en bak vir 1 uur 30 minute, of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat eers effens in die koekpan afkoel voor jy die koek op ’n draadrak uitkeer.
8 Meng al die bestanddele vir die versiersuiker in ’n mengbak. Skep op die koek en smeer die versiersuiker oor die koek. Die koek is baie klam - dit breek ’n bietjie wanneer jy dit sny.