Lees ook:
Franse roosterbrood met bloubessies
Gebakte Franse roosterbrood met ham en gruyère-kaas
Sjoko-Franse roosterbrood
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 6 eiers
- 125 ml (½ k) melk
- ’n knypie sout
- 8 snye plaasbrood
- 125 ml (½ k) mascarpone
- 125 ml (½ k) Nutella (sjokoladesmeer)
- 60 ml (¼ k) botter
- 30 ml (2 e) bruinsuiker
- 3 nektariens, in kwarte gesny
Instructions
1 Klits die eiers en melk saam en geur met sout.
2 Smelt die helfte van die botter in ’n braaipan.
3 Smeer die een helfte van die snye brood met Nutella en die ander met mascarpone. Sit die snye opmekaar. Doop in die eiermengsel en laat die oortollige eier afdrup. Braai die brood tot goudbruin alkant.
4 Smelt die oorblywende botter en suiker in ’n skoon braaipan en braai die nektarienskywe daarin tot goudkleurig.
5 Sit die warm Franse roosterbrood met die gebraaide nektariens en ekstra heuning voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies
03/07/2024
Warmsjokolade met vanielje
03/07/2024
Sagte rogbrood
03/07/2024