Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/KavalenkavaVolha
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Haal in met die vorige hoofstukke van Sjef Snoekie! Klik hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Daar heers die hele week ’n gespanne atmosfeer by die restaurant.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Niemand kan bepaal wat aangaan nie.
Andrea boer in Alphonse se kantoor, en Tante Inge het al ‘n paar dramatiese verskynings gemaak.
Sy gee elke heer net ‘n effense kopknik in Snoekie se koers.
Geen oormatige vertoon van familieliefde nie.
Dis Vrydag, en die kombuis is besig met voorbereidings vir die naweek. Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand.
‘n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.
Vyf gebrilde, gepakte mannetjies stap reguit na Alphonse se kantoor. Andrea kort op hul hakke, en dan, tante Inge. Laasgenoemde gee vanoggend nie eens ‘n kopknik nie. Mens kan op ‘n myl sien sy is erg bemoerd.
Een van Snoekie se slegte, én goeie eienskappe, is haar intense nuuskierigheid.
Sy brand om te weet wat agter Alphonse se geslote deure aangaan.
Hy bulder nie eens vir tee nie. Geen verversings. Stroewe gesigte.
Die bebrildes het elkeen ‘n notaboek waarin angstig geskryf word.
“Waddehel dink jy gaan aan?” fluister Juan. “Dis beslis nie die mense van Michelin nie. Daai gesprekke lyk nie soos goeie nuus nie. Gus, een van die skottelgoedwassers, het by Ano, een van die skoonmakers, gehoor dat Luke, een van die kelners, gehoor het Alphonse sê vir Andrea die restaurant het geldprobleme.”
Die storie klink vir Snoekie na een met ‘n lang draai, maar dit kan die stroefheid verduidelik.
“Hoe is dit moontlik? Die plek is dan elke dag vol bespreek? En dis nie goedkoop om hier te eet nie! Toe ek die vleisvoorraad moes neem, het ek gesien wat hulle per gewig vir die vleis betaal. Selfs al bereken mens al die onkoste van die restaurant glo ek Tante Inge behoort die kasregisters glimlaggend te hoor klingel.”
Juan gee ‘n snorkie by die aanhoor van Tante Inge se naam.
“Ja, en daai tante van jou is ‘n duur nommertjie. Mens kan sien sy hang niks minder as die beste aan daardie seninglyf nie.”
Snoekie proes.
“Ek kan nie glo sy is my ouma se suster nie! My ouma is sag en mollig en lief. Daardie een is taai en gebou soos ‘n stuk biltong wat te lank uitgedroog het.”
“Biltong?”
‘n Onhebbelike gedagte skiet Snoekie se moedswillige koppie binne.
“Ek sal jou na my etenstyd laat proe! Die beste delikatesse uit my land!”
Daar is ‘n skielike woeling in Alphonse se kantoor.
‘n Paar tafels word in die hoek van die kombuis staan gemaak en die bebrildes dra hope leggers soontoe.
Vir die volgende paar uur is dit net Alphonzse se bulderstem en die gekletter van kombuisgerei wat gehoor kan word.
Niemand spreek ‘n word nie.
Mens kan die atmosfeer nie eens met ‘n vlymskerp sjefsmes sny nie.
Andrea gee Juan ‘n harde tyd. Dis asof sy haar slegte bui op hom uithaal.
As hy uiteindelik ‘n ruskans kry, beduie hy Snoekie moet hom volg. In die groente-yskas fluister hy vir haar.
“Gus het by Ano gehoor dis ouditeurs. Hier is blykbaar groot moeilikheid. Hulle moet die restaurant kom red. Ons sink glo soos ‘n skip!”
“Jimmel! Dié plek is dan al byna 100 jaar in die familie! Vir wat moet die ding wag om te sink as ek hier begin werk?”
Juan gee ‘n laggie.
“Ja, dis jou skuld! Maar seriously, Sjnoek, Gus is al 30 jaar hier, en hy sê dis die eerste keer wat hy van geldprobleme hier rond hoor. Die plek is een van Montmartre se gesogste eetplekke, en soos jy weet, is hier nooit ‘n leë tafel nie. As hier geldprobleme is, is dit nie weens ‘n tekort aan klante nie.”
Die tweestuks besluit net daar dat hulle op hul eie gaan snuffel wat aangaan. Snoekie brand om vir Juan te vertel van die diskrepansie met die vleisvoorraad, maar sy het Alphonse belowe, en sy is ‘n meisie van haar woord.
Snoekie se etensuur onderbreek hul speurtog.
“Ek bring vir jou die heerlikste verrassing van my woonstel af!”
In haar woonstelletjie sny sy dik snye varsgebakte brood, sny dit in sirkeltjies, smeer dit met ‘n mengsel van marmite en botter, plak dit op ‘n Bacon Kip vas en rol dit in fyn biltong. In die kosblikkie sit sy ook ‘n paar lekker dik snye biltong met geelvet aan. Kosbare skatte wat sy in haar trommel saamgebring het van die plaas.
Soos te wagte, is Juan meegevoer. Hy het nog nooit iets so verslawend geproe nie, beken hy.
Hy en Snoekie raak so begeester met die bespreking van Snoekie se geheime bestanddele dat hulle Andrea nie sien aankom nie.
“Het julle nie genoeg werk nie! Dis ‘n dol dag en julle staan en eet! Julle het mos elkeen al ‘n etenstyd gehad?”
Sy druk haar snipneus in die kosblik.
“En dié? Julle weet mos dis verbode om enige kos van buite in die kombuis in te bring?”
Dan kyk sy venynig na Snoekie.
“Jy is ‘n slegte invloed in hierdie kombuis! Dis vandat jy hier is wat dinge sleg gaan! Du Monde of nie, hoe gouer Alphonse van jou ontslae raak, hoe beter!”
Juan raak wit om die kiewe.
Hy is vrek bang vir Andrea. Almal weet dit.
Snoekie is dadelik spyt dat sy hom in die moeilikheid gebring het.
“Jy is reg, dit is my skuld. Ek het die kosblik ingebring.”
Andrea wys met ‘n kwaai vinger na Alphonse se kantoor.
“Volg my!”
Soos twee stout skoolkinders volg Juan en Snoekie die kort vroujie.
Hulle stap verby die bebrildes, maar laasgenoemde lig nie eens hulle koppe van die dik leggers nie.
Andrea maak die kantoordeur oop met die uitdrukking van ‘n oorwinning op haar gesig.
“Alphonse, jou gunsteling-moeilikheidmaker en haar trawant …”
Sy plak die kosblik voor Alphonse neer.
Snoekie voel intens skuldig.
Alphonse lyk lewensmoeg.
Sy verwens haar moedswiligheid.
Sy wens sy het nooit daardie trommel vol versoekings saamgebring nie. Pleks het sy en die trommel in die Vrystaat gebly waar sy die uit die moeilikheid kon bly.
Alphonse bekyk die inhoud van die kosblik.
Hy neem een van die biltong-happies en druk dit heel in sy mond.
Hy kou met toe oë.
Snoekie, Juan en Andrea staan voor sy lessenaar.
Dan neem Alphonse nog ‘n biltonghappie en kou dit stadig.
“Wat is hierin?”
Met ‘n bewerige stemmetjie rammel Snoekie die bestanddele af.
“Wat is Marmite en Bacon Kips?”
Snoekie se stem tril so, sy kan skaars verduidelik.
“Dis bestanddele van Suid-Afrika af ?”
Sy knik haar kop. Haar keel is droog. Sy het dit te ver gevat, besef sy.
“Uit daardie trommel van jou?”
Weer knik sy haar kop.
Andrea kyk afwagtend na Alphonse.
Alphonse neem ‘n stukkie biltong en druk dit in sy mond. Hy kou lank daaraan.
Snoekie het nie geweet mens kan so lank aan ‘n stukkie biltong kou nie.
Haar senuwees rafel met elke kou uit.
Dan maak Alphonse die kosblikkie toe en kyk op na die twee skuldiges en die aanklaer.
Hy praat nie.
Hy beduie net hulle moet sy kantoor verlaat.
“Maak die deur toe,” sê hy sag.
Snoekie voel die res van die dag soos ‘n boef terwyl sy en Juan in absolute stilte langs mekaar werk.
“Sorrie,” fluister sy as Andrea badkamer toe gaan.
“Dis oukei, dit was heerlik!”
Hy knipoog vir haar en sy wens sy kon liewer op hierdie dierbare Fransman verlief raak.
Sy loer onderlangs na Alphonse, wat met sy lang lyf verby stap.
“Daardie man is net moeilikheid, Suzanne,” hoor sy die goeie engeltjie op haar skouer fluister …
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.