Sjef Snoekie Hoofstuk 10: Angs deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Haal gou in met die vorige hoofstukke van Sjef Snoekie! Klik hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Snoekie draf gou met die trappe op na haar woonstel. ‘n Aanval van paniek en pity party meng in haar krulkop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wat sal gebeur as sy ‘n flop maak? Flops gebeur mos wanneer jy dit die minste nodig het? Wat sal gebeur as daai Carlotte haar kos haat? Wat sal gebeur as iets aanbrand of sy te veel sout of iets ingooi? (Sy het nogal ‘n oordadige hand.)
Wat as?
Wat as?
Wat as?
Die paniek kry oorhand. Sy voel sy gaan hiperventileer!
Tjoklits! Sy het tjoklits nodig! Nou dadelik!
Sy grawe in die trommel. Soos ‘n kosbare kleinood vat sy die pers staaf raak.
Die Cadbury’s voel soos ‘n offergawe van die gode in haar hande. Geoefende vingers skeur die papier oop. Sy knak en knibbel. Knak en knibbel. Sy laat ‘n blokkie op haar tong smelt. Hemels. Orgasmies.
Sy proe die glas-en-‘n-half se romerige lekkerte. Dit neem haar oor die Europese kontinent, oor die Sahara, oor die ewenaar, oor die donker hartklop van Afrika, oor die Zambezi … ver oor die Springbokvlakte tot oor die Vaalrivier. In die hart van die Vredefort-koepel kom haar siel tot rus. In haar ouerhuis op die plaas. Sy verlang … sy wil ontsnap … dan tref die werklikheid.
O tjit! Sy moet nog vir Carlotte gaan kook! Wat gaan sy doen? Wat as Alphonse haar na vanaand haat?
Sy bel haar ouma. “Ruk jouself reg,” raas Lucille.
Sy bel haar pa. “Wees net jouself,” troos hy.
Sy kou vervaard aan die laaste stuk Cadbury’s en gaan sit in die Lotus-posisie.
Fokus.
Diep inasem en uitasem wat jy in die diepte van jou maag gaan haal. Sy doen dit so tien keer. Dit voel steeds of haar bors toetrek. Sy probeer weer. Dan gryp sy ‘n papiersak en hiperventileer in die sakkie.
Haar foon lui.
Dis Alphonse.
“Waar de hel bly jy? Kyk hoe laat is dit! Ek wil jou oor tien minute in my kantoor sien met jou spyskaart vir die aand!”
Snoekie se maag knoop op tien plekke. Sy kyk die halfjack Klipdrift-brandewyn raak wat Lucille in die trommel gepak het. Vir noodgevalle soos maaggriep … of vir tipsytert.
Mens weet mos nooit wanneer ‘n maag in die vreemde draaie begin maak nie?
Haar maag knoop, hy draai nie. Maar dis steeds ‘n noodgeval!
Sy draai die doppie se nek om en neem ‘n paar slukke. Dit brand verby al haar chakras tot in haar maag. Warmte vul haar.
Sy sit skielik kiertsregop en neem ‘n diep asemteug. Dan druk sy haar kop in die trommel en pak ‘n paar bestanddele uit. Sy sal dit uit die restaurant se store moet aanvul. Die planne begin vorm aanneem.
Sy sal ‘n geurige beenmurg-sop maak. ‘n Baie klein porsie, bedien met ‘n stukkie kaiing-biscotti, wat sy post Werner in ‘n calorie-waansin uitgedink het. Dit sal Carlotte laat besef sy gaan nou op ‘n smaak-avontuur.
Dan sal sy ‘n delikate plaatkoekie bak en ‘n paar dun snytjies klam Springbok-biltong saam met ‘n dun snytjie Roquefort-kaas en ‘n halwe van haar ouma se ingelegde plaasvye bo-op bedien. ‘n Skeutjie vyestroop en ‘n suggestie van rissie sal die smulpaap se speekselkliere laat kwyl.
Sy sal haar kosbare stukkie gerookte snoek omskep in ‘n geurige viskoekie en ‘n hupse skeppie soetpatat as metgesel maak.
Nagereg sal lekker toffiepoeding uit Lucille se ou basaarkookboek wees. Nie ‘n ongeskikte porsie nie. Die vrou moet luskry vir meer. Dan sal sy ‘n glasie muskadel as afskeidsgeskenk tafel toe stuur. Saam met ‘n egte Vrystaatse droë geelperske wat effe in brandewyn en ster-anys opgekook is en ‘n roomkaas-blertsie op het.
Snoekie besluit sy sal haar geregte met ‘n fyn hand garneer en opdien.
Sy hoop dit sal Alphonse se goedkeuring wegdra. En, natuurlik, Carlotte s’n.
Maar sy is meer bekommerd oor Alphonse se goedkeuring.
Hy sit vooroor gebuig agter sy lessenaar. Hy lyk moeg en moedeloos. Dis die bebrildes en manne met die oorpakke wat die arme man so uitput. Tante Inge se gereelde besoeke alleen behoort enige mens uit te mergel. Die spanning in die restaurant laai by die uur en is al ondraaglik.
Sy wens sy kon om die lessenaar stap en die man ‘n drukkie gee. Eintlik het sy al vlugtig gedagdroom van meer as ‘n drukkie, maar die gevleulde wesentjie op haar skouer het haar dadelik kortgeknip en vermaan. “Die man is buite jou liga,” het die bevlerkte een gewaarsku. “Maar ‘n meisie kan mos maar droom? Mens mag mos ‘n secret crush hê? Hel, ek is mos nog nie dood nie?” Die een met die vlerke het ook geen genade nie en het haar aan haar dwalinge met Werner herinner.
Maar terug in die werklikheid het Alphonse uiteindelik uit sy neerdrukkende posisie opgekyk.
“Jy weet wat ek vandag doen, is totaal ongehoord? Ek meen, dis so ver van die normaal dat dit eintlik bisar is? Ek laat ‘n intern, wat nog rou is, kook vir die mislikste koskritikus in Europa!”
Dit laat Snoekie niks beter voel nie. Sy wens sy het die half-jackie brannewyn en haar bruin papiersak byderhand gehad, want sy voel nog ‘n paniekaanval aankom.
“Ek weet nie hoekom nie, maar ek vertrou jou. Ek is desperaat en moedeloos en ek maak staat op ‘n vroumens wat my eintlik teen die mure uitdryf. Maar dalk is dit hoekom jy ‘n goeie keuse is. Ek het vanaand iets uitsonderlik nodig om Carlotte te verras.”
Sy kyk na sy lang hande wat saampraat. Sy oë gloei van moegheid en emosie. Dan weet sy, sy sal hom nie kan teleurstel nie. Sy sal haar beste probeer.
Sy praat saam met hom deur die spyskaart. Van die smake is vir hom onbekend, maar hy hou van die eenvoud en die kontraste.
Net voor sy uitstap, buig hy vooroor en vee met ‘n servet oor haar mondhoeke.
“Ek sien jy het sjokolade geëet.”
Hoeveel keer gaan sy haar naam nog krater maak voor die man? Haar wange gloei bloedrooi en sy voel met haar tong in haar mondhoeke. Romerige Cadbury’s kuier nog daar.
Juan kyk bekommerd op as sy met haar mandjie bestanddele by haar werkstasie gaan staan.
“Ek is bly ek is nie jy nie. Vandag sloof ek my eerder vir die giftige dwerg af.”
Skielik wens sy sy kon ook eerder vanmiddag op die bevele van die venynige klein Andrea rondgespring het.
Sy pak haar bestanddele uit. Nuuskierige oë hou haar onderlangs dop. Maar dan sluit sy haar kop af. Sy neem haar gedagtes na hulle plaaskombuis en oortuig haarself sy kook vir haar pa en ouma.
Sy kap, meng proe, roer, klop. Geure en kleure meng in haar potte en panne. Aromas kuier in die lug. Haar hart sing saam die gekletter van potte. Dis immers hoekom sy hier is. Om te doen wat sy die beste kan doen. Om te kook.
Daai Carlotte-vrou kan maar kom, sy is reg vir haar!
Daar is ‘n stempos op haar foon. Sy kliek vinnig daarop.
“Haak Vrystaat!” brul haar pa oor twee kontinente.
“Jip, Pappa, ek is reg vir vanaand,” laat sy weet.
Sous
Voorlesing: Botox, Barbies en Bietse
Voorlesing: Dans met die rooi rok
Vervolgverhaal: Annemieke Mentz
Laai dit af: Raaisels en woordspeletjies
Laai dit af: Raaisels en nommerspeletjies
Laai dit af: 3 lekker aktiwiteite vir grootmense en kinders
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.