kategorieë: LeesOntspanning

Sjef Snoekie Hoofstuk 1: Hartsake

Sjef Snoekie Hoofstuk 1: Hartsake deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/eclipse_images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier om die agtergrond tot die storie te lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sjef Snoekie Hoofstuk 1: Hartsake

Die begin van die einde van die amperse toekomstige liefdestragedie het met die oshart begin.

En, met Snoekie se ouma Lucille se skerp waarnemersoog.

Lucille Roux het al vir drie jaar geweet Werner is nie die regte man vir Snoekie nie. Ver te lig in die broek om ‘n Vrystaatse plaasmeisie gelukkig te hou. Sy het ook met goeie rede vermoed die ventjie het meer sy oog op die Roux’s se rykdom en op ander meisies as op Snoekie.

Werner het toenemend ‘n probleem met Snoekie se kurwes ontwikkel en haar met ander meisies begin vergelyk. Vir Lucille was dit ‘n gevaarteken dat haar kleindogter op verkeerde liefdespad is.

Buiten die slap ogie, wat Werner openbaar het by distriksbyeenkomste as daar mooi meisies paradeer, het hy gedurig met ‘n nuwe dieet op die plaas begin opdaag om Snoekie te inspireer.

‘n Groot deel van die probleem was, die Roux’s hou van lekker eet. Daarby was Snoekie se groot droom ‘n toekoms as sjef. Nie een van dié twee redes en Werner wou rym nie.

“Snoek, as die man nie tevrede is met jou lyf nie, moet jy hom wegjaag. Jy kan nie die res van jou lewe dieet om ‘n man tevrede te stel nie. Ons is kosmense. Ons kook. Ons eet lekker. Ons knibbel nie aan gesondheidskossies nie. Jy is ‘n uitstekende kok. Wat gaan van jou droom word as jy nie meer aan jou eie geregte mag proe nie?”

Lucille wou keer vir Snoekie se hart, en haar toekoms.

“Maar Ouma, hy is reg, ek is dik,” het Snoekie teëgestribbel.

“My kind, Aletta Fick van die dorp is dik. Ons het gesonde kurwes. Wat gaan jy maak? Ophou kook? Hierdie mannetjie se voorskrifte maak my bekommerd. Hy het jou gekry soos jy is, en nou is hy skieklik nie meer tevrede met jou nie? Steun hy jou in jou drome of gaan dit net oor sy drome? Jy kook al minder die goed waarvoor jy so lief is. Dis vir my asof hy alles aan jou wil verander om by hom in te pas. Wat doen hy om by jou aan te pas?”

Snoekie wou niks weet van waarskuwings nie. Sy was verlief. Dolverlief op ‘n man wat haar op slaaiblare wil laat leef, en dit terwyl sy saans van vetkoek, brioche, profiteroles en suur lewer op krummelpap droom.

“Hy gaan nooit tevrede wees voor hy jou nie in ‘n Barbie-kloon verander het nie. Dis wat hy soek, my kind, ‘n meisie met ‘n perfekte lyf wat by sy leefwyse inpas. Een wat nie kook en eet nie.”

Snoekie was ontkennend oor Werner. Hy het haar so lief dat hy haar gesondheid wil oppas, het sy geglo.

Lucille het vermoed Werner is heeltemal té bewus dat Snoekie haar pa se enigste erfgenaam is en dat Stefaans ‘n wewenaar is wat nie ‘n gesonde man is nie. Maar boer op die plaas, was beslis nie op sy prioriteitslys nie. Net Stefaans se bankbalans, vermoed Lucille.

Lucille het toenemend haar plannetjies in aksie begin stel.

Snoekie was van kleins af bekwaam agter die kospotte. Eintlik begaafd, het Lucille besef, en sy ken van kos. Sy het na die Tweede Wêreldoorlog uit Frankryk na Suid-Afrika gekom om met Faan Roux van die Viljoenskroon-distrik te kom trou. Sy kom uit ‘n familie van sterk sjefs en familiekokke en haar familie het steeds ‘n groot familierestaurant in Parys. Kosmense wat van eet hou. Dit en die Roux’s se voorliefde vir gesonde boerekos was ‘n wenkombinasie.

Dit is als deel van Snoekie se DNA waaraan Werner wil karring.

Omdat die Franse nog altyd alles van die hoender se snawel tot sy poepholletjie gekook het, het Lucille soos ‘n handskoen gepas by die Roux’s se liefde vir enigiets van afval tot skaappeertjies op die spyskaart. Toe sy op die plaas aankom, kon sy reeds enigiets van ‘n hoender, ‘n vark, eend of fisant slag en verwerk en smullekker berei. Van die bek tot die stert se punt.

Sy het weer by haar ouma geleer dat mens niks vermors nie. Die Franse het deur twee Wêreldoorloë swaargekry en die boere ook. Dié twee swaar geskiedenisse in kombinasie het die spyskaarte op die Roux’s se plaas deur die jare oorheers. Niks word vermors nie.

Die Roux’s se leuse is: Dis jou eie skuld as jy nie lekker eet nie.

Dis soos Snoekie grootgeword het. In ‘n plaaskombuis, voor ‘n koolstroof waar die allerheerlikste lekkernye prut, braai, stoom en bak.

Sjef Snoekie Hoofstuk 1: Hartsake

Dis juis met die Roux’s se voorliefde vir eksotiese geregte soos gebakte skaapkop en gestoofde varkstertjies wat Lucille die krake in Werner se fasade begin sien het. Sy het hom fyn dopgehou aan tafel en gesien hoe hy diskreet die lekkernye soos skaapogies en selfs die Pous se neus op die hoender se stuitjie probeer vermy.

Snoekie self was te verlief-blind om dit raak te sien. Sy het gedink hy vind haar sult en lewerkoekies onweerstaanbaar smaaklik, maar Lucille het gesien hoe groen raak hy om die kiewe toe Snoekie hom met groot liefde skaapbreins op roosterbrood aanbied.

Hy het dit met yslike slukke water afgesluk … terwyl hy skynheilig ge- “oe” en ”aa” het.

Swerkater.

“Daar is groot moeilikheid op die horison,” het Lucille vir Stefaans gewaarsku. Dié het dit toe ook al raakgesien.

Werner het Snoekie probeer oortuig dat die geregte des aanstoots (vir hom) hoog in kilojoules is en dat hy wat Werner is, saam met Snoekie die pad na beter gesondheid sal aanpak.

Met Snoekie se lyf was daar niks verkeerd nie, het Lucille geweet. Snoekie het normale kurwes. Haar lyfie is net te kort om die proporsies te hanteer.

Snoekie is ‘n pragtige meisiekind. Haar lang swart krulhare, viooltjieblou oë, spierwit vel en vol borste het sy van die Franse kant geërf. Die kuiltjies in haar wange, fyn neusie en kort lyfie van die Roux’s en haar ma.

So kom dit toe dat Werner ‘n goeie voorbeeld vir Snoekie wil stel en by die gym in die stad aansluit. Hy werk mos daar as makelaar. Daar in Sandton. Hy het Snoekie begin aanmoedig om ‘n gym op die plaas in te rig.

Sy het haar pa gehelp om die varkplaas te bestuur en was in beheer van die verwerking van die vleisprodukte. Sy het heeldag op die plaas rondgedraf en nie juis tyd of energie gehad vir gym nie. Maar sy wou Werner tevrede stel.

Met ‘n wrewel in haar hart het Lucille gesien hoe een van die ou melkkamers in ‘n gym op die plaas omskep word.

“Mors van geld,” het Stefaans ook geknor.

Lucille het al hoe slegter begin slaap oor haar kleinkind se hartsake. Die gym-ding het Snoekie se lewe begin oorheers. Sedert Nonnie se dood was Lucille ekstra beskermend teenoor Snoekie en sy was nie gelukkig oor die manier hoe Werner die kind wil hiet en gebied nie.

Naweke wou Werner net tennis speel en langs die swembad op Wonderfontein uitspan … en Snoekie in die gym laat sweet. Hy het haar al meer weggelok van die plaaswerk, en van die kombuis.

Arme Snoekie het ‘n ongesonde obsessie begin ontwikkel oor haar voorkoms.  Sy het nie meer aan haar eie kos gesmul nie en haarself in die gym gemoor. Als ter wille van Werner, wie se jeans volgens haar pa en ouma (tereg) “darem vreeslik styf sit”.

Toe wink Valentynsdag soos ‘n baken van hoop op die horison vir Lucille. Snoekie het gedroom dat Werner die groot vraag sal vra, en Lucille het gehoop op ‘n Rubicon, ‘n skeidslyn, wat Snoekie sal wys dat Werner nie edele bedoelings het nie.

Lucille was nog altyd haar kleindogter se mentor in hart- en kulinêre sake, en dit is die kans waarvoor sy gewag het.

“Watter spesiale gereg kan ek vir Werner voorberei vir Valentynsdag?” het Snoekie een oggend gevra.

Lucille het hard probeer om haar vreugde in te hou.

“My familie se Coeur de boeuf farci! Ons Du Monds berei dit al geslagte lank voor vir ons geliefdes.”

(Sy het nie genoem dat die resep eintlik ‘n familietradisie is om ‘n geliefde te toets nie!)

“Ek het jou oupa se hart met dié gestopte oshart-resep verower. Dié dat hy my na die oorlog Suid-Afrika toe laat kom het om te trou. Hy het gesmul, en besluit ‘n meisie wat ‘n hart so kan voorberei, kan hy nie na die oorlog in Frankryk agterlaat nie.”

Snoekie was dadelik oortuig.

Op 28 het die troulus toenemend van haar besit geneem en met haar dieet sterk op dreef, het sy gevoel dis tyd dat Werner die vraag vra.

Lucille en Stefaans het afwagtend gelag.

Gestopte oshart is nie jou fiemieserige eter se speelmaat nie!

Skakel elke Vrydag 11h00 in om die volgende hoofstukke van Sjef Snoekie te lees.

Lees solank: Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Intussen kan jy solank inhaal met ons ander vervolgverhale, en begin luister aan ons nuutste een!

Ons nuwe voorlesing:

Lam in Wolfsklere

Geskryf deur Bernette Bergenthuin, voorgelees deur Elma Postma. Begin sommer nou luister.

Vlam

Lees al die hoofstukke van die gewilde vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel.

Botox, Barbies & Bietse

Dans met die rooi rok

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.