Sjef Mynhardt se Kerskoek-veldtog is terug – kry sy vrugtekoek resep!

Bak met Oorvloed!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die feesseisoen kom vinnig nader en Chef Mynhardt is terug met sy 7de Feestelike Vrugtekoek-liefdadigheidsveldtog! Alles beklemtoon die gees van oorvloed. In hierdie gekoesterde tradisie, hoop Chef Mynhardt om hierdie jaar ‘n rekordgetal van hierdie vrugtekoeke die wêreld in te stuur – deurdrenk met liefde en vrygewigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kreatiewe Maniere om jou koek te bedien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vrugtekoek en brandewyn kaasplank: Sny jou vrugtekoek in dun snytjies en dien op met verskillende kase, vye, neutjies, en ‘n brandewyn doopsous.

2. Vrugtekoek Neutbotter Happies: Sny jou koek in happiegrootte blokkies, smeer dit met jou gunsteling neutbotter en strooi pistachios bo-op vir ‘n ekstra tekstuur. Ryg op stokkies en sit voor as ‘n lekkerny met ‘n brandewyn mengeldrankie.

3. Vrugtekoek Crostini: Sny jou vrugtekoek in dun skywe en rooster dit liggies in die oond. Smeer ‘n dun lagie romerige bokmelkkaas op elke geroosterde vrugtekoekskyfie en bedek met Weltevrede-konfyt. Versier met vars roosmaryn vir ‘n feesagtige aanslag.

Liefdadigheid en vennootskappe

Die begunstigdes van Mynhardt se 2023 Kersfeeskoek-liefdadigheidsveldtog sluit Helpende Handjies, ‘n klein NPO wat deur Wilma Christoffels in Montagu bedryf word, en Butterfly House, ‘n gemeenskapsbron in Paarl, in. Betroubare vennootskappe met bekende Suid-Afrikaanse handelsmerke, insluitend SASKO, Montagu Gedroogde VRugte & Neute, Bonnita Botter, en KWV Brandy, verseker dat hierdie vrugtekoeke ‘n verskil maak.

Shef Mynhardt: “Ek is so opgewonde dat ons nou in die 7de jaar van hierdie veldtog is en dankbaar vir al die ondersteuning wat die borgskappe, media en besighede ons gegee het om dit te laat gebeur. Ek hoop die koek verteenwoordig die boodskap van oorvloed aan elkeen wat vanjaar ‘n koek ontvang.”

MYNHARDT SE FEESTELIKE VRUGTEKOEK

VOORBEREIDING: 30 minute

BAKTYD: 2-3 uur

Maak die koek ten minste een maand voor Kersfees

8 – 10 porsies

Temp: 120°C

Bestanddele:

• 400 ml water

• 100 g Bonnita botter

• 200 g sagte bruinsuiker

• 400 g vrugtekoekmengsel

• 250 g dadels, gekap

• 100 g Montagu goue sultanas

• 200 g Montagu rou amandels, grof gekap

• 7 ml bikarbonaat van soda

• 3 eiers, geklits

• 20 ml vanielje-ekstrak

• 75 ml KWV brandewyn, plus 75 ml om te bedruip

• 100 g hele rooi glanskersies

• 100 g hele groen glanskersies

• 200 g SASKO bruismeel

• 5 ml sout

• 5 ml gemaalde kaneel

Aanwysings:

1. Verhit die oond met die rak in die middel. Botter ‘n diep 25 cm koekpan, voer dit met 3 lae bakpapier. Botter die boonste laag.

2. Bring die water, botter, suiker, vrugte en amandels tot kookpunt in ‘n groot kastrol. Prut vir 5 minute. Voeg die bikarb by, meng deur en haal van die hitte af. Laat heeltemal afkoel.

3. Meng in ‘n ander bak die eiers, vanielje en brandewyn en voeg dit by die afgekoelde vrugtemengsel. Voeg die kersies, meel, sout en kaneel by en meng goed, en sorg dat al die meel ingemeng is. Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir 2 uur of totdat ‘n pen ingesteek in die middel skoon uitkom (vogtig, maar nie deegagtig nie).

4. Sodra die koek uit die oond kom, sprinkel die oorblywende brandewyn daaroor en laat afkoel in die pan. Bere die koek in ‘n lugdigte houer op en maak dit royaal nat met brandewyn een keer per week om dit ryp te maa.

5. Om die koek vogtig te hou, verpak dit in bakpapier, bedek dit met kleefplastiek en bewaar dit in ‘n lugdigte houer. Nadat dit ‘n paar weke ryp geword het, is dit maklik om in te vries.

Om jou koek te bestel, stuur asseblief ‘n e-pos na cake@mynhardt.co.za. Pryse sluit nie aflewering in nie, maar ons kan dit regoor Suid-Afrika vir jou stuur.

Opsies om van te kies:

🍰 Standaard Kersfeeskoek

Grootte: 2.1 kg

Prys: R550

🍰 Kersfeeskoek met Ekstra Bewaarde Groen Vye

Grootte: 2.1 kg

Prys: R650

🍰 Kleiner Standaard Kersfeeskoek

Grootte: 525 g

Prys: R225

Volg sy Kersfeeskoek-liefdadigheidsveldtog op Facebook en Instagram, en gebruik die hashtags #bakeitforward #MynhardFestiveFruitcake en gee sommer asseblief ook erkenning aan die fantastiese borge!

Lees ook: Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.