kategorieë: GebakKos

Sjef André Hill deel ’n Paasfeesvoorsmakie met sy geurige Paasfeesbrood-resep

Paasfees is ’n sintuiglike ervaring wat Suid-Afrika se geskiedenis, tradisie en ’n liefde vir heerlike geure saamsmelt. Van oor die hele land heen kom families tydens dié feestyd om eettafels bymekaar om erfenisryke geregte te geniet en stories van tradisie te deel. Of dit nou die soetheid van warm kruisbroodjies is, die geur van ingelegde vis, of die kenmerkende speserye van Kaaps-Maleise invloede, Paasfeesmaaltye vier die waarde van saamwees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir Uitvoerende Sjef André Hill van Radisson Red Waterfront in Kaapstad was kos nog altyd oor die samekoms van familie en vriende. Hy is gebore en getoë in die Bo-Kaap en het grootgeword omring deur die geurige speserye van Kaaps-Maleise kookkuns, ’n ervaring wat sy benadering tot kos en storievertelling deur geur grootliks beïnvloed het. Sy spyskaarte weerspieël moeiteloos vir Kaapstad se diverse kulinêre identiteit deur tradisie met ’n vars perspektief te kombineer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Paasfees is ’n tyd om saam te wees en in Suid-Afrika weerspieël ons kos daardie gees. Speserye vorm al lank die hart van ons kookkuns en bring warmte en diepte na geregte wat oor geslagte heen oorgedra word. My Paasfeebroodresep is ’n huldeblyk aan daardie tradisies. Dit is eenvoudig, geurig en perfek om te deel,” sê Sjef André.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met ’n moderne kinkel op ’n klassieke resep is sy Paasfeesbrood ’n geurige, speserybelaaide brood met ‘n pragtige balans tussen soet en sout elemente. Vir dié wie ’n plantgebaseerde dieet volg is daar goeie nuus. Hierdie resep is volkome vegan-vriendelik.

Sjef André Hill se Geurige Paasbrood

Bestanddele

  • 300g witbroodmeel
  • 350g koekmeel
  • 20g gis
  • 60g suiker
  • 3 eetlepels gemengde speserye
  • ½ eetlepel vinkelsaad (gekap)
  • 2 eetlepels anys
  • 1.5 eetlepels gemaalde kardemom
  • 3 eetlepels gemaalde gemmer
  • 4 eetlepels gemaalde kaneel
  • 60g rosyntjies (grof gekap)
  • 50g sultanas (grof gekap)
  • 60ml kookolie
  • 100ml hawermoutmelk
  • 400ml water
  • 15g fyn sout

Metode

  1. Meng al die droë bestanddele met die olie en 100ml van die water met ‘n klitser.
  2. Voeg die oorblywende water geleidelik by en hou ongeveer 20% eenkant. Wanneer dit ingewerk is, voeg die sout by.
  3. Knieg of meng vir 5 tot 10 minute, afhangende van die metode.
  4. Laat die deeg rys totdat sy grootte verdubbel.
  5. Knieg nog ‘n keer en vorm in brode. Hierdie resep lewer twee standaardgrootte brode.
  6. Voor die brode gebak word, borsel dit met hawermoutmelk wat met ’n bietjie vanielje gemeng is. Sprinkel die brode met suiker en sout, en sny patrone liggies bo-op die brode.
  7. Bak teen 160°C vir 28 tot 30 minute.
  8. Plaas op ‘n rak om af te koel voordat dit voorgesit word.

Voorsitvoorstel (vegan-opsie):

Dik snye van die brood kan in die pan gerooster word en met pittige rooi-ui-marmelade, gerookte vegankaas, gekaramelliseerde sout en suurlemoentiemie bedien word.

Lees ook: Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede