Die Springbok-kaptein Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, het vroeër vandag op sosiale media aangekondig dat hulle ná agt jaar van saamwees besluit het om hul huwelik te beëindig. Die nuus kom as ‘n skok vir aanhangers van die paartjie, wat bekend was vir hul sterk band en toewyding aan hul gesin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
In ‘n gesamentlike verklaring het die Kolisi-egpaar verduidelik dat hul besluit uit liefde en respek vir mekaar geneem is: “Na baie refleksie en oopgesprekke het ons saam besluit om ons huwelik te beëindig. Hierdie besluit kom vanuit ‘n plek van liefde, respek en begrip dat dit die beste pad vorentoe vir ons is.”
Hulle het verder bevestig dat hulle goeie vriende bly en sal voortgaan om hul kinders saam groot te maak. “Ons bly toegewyd as ouers en sal ook aanhou om saam te werk aan die Kolisi-stigting wat vir ons baie beteken,” lui die verklaring. Die paartjie het ook versoek dat hul privaatheid gerespekteer word terwyl hulle hierdie oorgang navigeer.
Siya en Rachel se paaie het die eerste keer in 2012 by ‘n aandetegeleentheid in Stellenbosch gekruis. Hulle was sedert hul troue in 2016 een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde paartjies, en het dikwels openlik gesels oor hul huwelik en gesinslewe. Hulle het saam twee aangenome kinders en twee biologiese kinders.
Lees ook: Van Tannie Ans tot Marion Monroe: Marion Holm is ’n aktrise vol verrassings
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.