Serves:Genoeg vir 1 literNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Hierdie verfrissende drankie is ’n lafenis op warm somerdae. Meng dit met sodawater en ’n knertsie vodka of wit rum vir ’n lekker skop.
2 lemoene, pomelo’s of suurlemoene
140 ml strooisuiker
5 ml (1 t) kremetart
1 liter water
5 ml (1 t) gis
kruisement vir opdiening
Instructions
1 Skil net die dun geel skil van die sitrusvrugte versigtig af – die wit laag tussen die skil en die vlees sal die drankie bitter maak. 2 Druk die sap uit en gooi die vliesies en pitte weg. 3 Verkoel tot benodig. 4 Kook die water en haal van die hitte af. 5 Gooi die skil, suiker en kremetart by en laat afkoel. 6 Meng 125 ml (½ k) van die vloeistof met die gis en gooi weer by die res. 7 Sit die deksel op en laat oornag of 10-12 uur by kamertemperatuur staan. 8 Gooi die mengsel deur ’n sif in ’n skoon houer en meng die verkoelde sap by.