Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 groot heel vis soos kabeljou
1 suurlemoen, in skywe gesny
2 lemoene, in skywe gesny
3 lemmetjies, in skywe gesny
5-6 bossies kruie, saamgestel uit takkies dille of vinkel, pietersielie, tiemie, grasuie en orego (hou ’n paar takkies eenkant vir die binnekant) kombuistou
seesout soos Maldon
Instructions
1 Geur die vis aan die binnekant deeglik met sout en pak die sitrusskywe en ekstra los kruie in die oopgesnyde vis. Bind die vis elke 10 cm met die kombuistou vas. Druk die bossies kruie in die toutjies in sodat dit op die vis lê. 2 Geur die vis buite-om met growwe sout en sprinkel olyfolie oor. 3 Draai met foelie toe en braai oor die kole. Maak die vis ná sowat 25 min. oop sodat dit kan bruin braai. Die kruie sal verkleur en skroei, maar jy kan dit net afstroop - dit sal steeds die vis geur.