Sitrus-en-Kardemom-Bundtkoek deur Vickie de Beer.
Bygestaan deur Martjie Malan Foto’s deur Lee Schwagele van www.crphotographic.co.za. Blomme deur Marida Steyn van Paradiso Flowers.
Sitrus-en-Kardemom-Bundtkoek
Ingredients
- Genoeg vir 1 klein koek
- • 250 g botter, by kamertemperatuur
- • gerasperde skil en uitgedrukte sap van 2 lemoene (die sap word later gebruik)
- • gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 suurlemoen (die sap word later gebruik)
- • 200 g (1 k) strooisuiker
- • 4 eiers
- • 225 g (1½ k) bruismeel
- • 75 g (½ k) koekmeel
- • 5 ml (1 t) fyngemaalde kardemom
- • 5 ml (1 t) sout
- Versiersel
- • 320 g (2 k) versiersuiker, gesif
- • 60 ml (¼ k) kokende water
Instructions
1 Voorverhit die oond tot by 160 ˚C. Spuit ’n 20 cm-bundt-koekpan deeglik met kleefwerende kossproei.
2 Gebruik ’n elektriese staanmenger met die ballonklitser aangeheg. Verroom die botter, sitrusskil en suiker. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
3 Meng die meel, kardemom en sout in ’n bakkie en vou dit en die sitrussap om die beurt, in twee sarsies, in die eiermengsel in. Meng liggies tot alles ingemeng is en geen meel sigbaar is nie.
4 Gooi die mengsel in die voorbereide bundt-pan en bak vir 45-50 min. tot goudkleurig en gaar, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5 Haal uit en laat vir ’n paar minute afkoel voor jy die koek op ’n draadrakkie uitkeer om heeltemal af te koel.
Versiersel
6 Voeg die kokende water by die gesifte versiersuiker en meng goed tot glad en egalig. Bedruip die koek daarmee en tooi met lenteblommetjies.