kategorieë: FiksheidGesondheid

Sit Wines2Whales-bergfietsren op jou kluitklaplysie

Van oorlewingstogte soos die Munga waar jy 1 000 km van Bloemfontein tot in Wellington ry (in die warmste tyd van die jaar sonder enige rus tussenin), tot boetiekrenne soos Croc2Croc en TransCape waar jy bedags hard ry, maar saans hard kuier, in sagte beddens slaap en weglê aan wonderlike kos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir my beteken bergfietsrenne verskeie dinge. Eerstens is ek dol op my fiets en ek geniet enige tyd wat ek daarop spandeer. Tog is daar wedrenne wat jou die mooiste dele van die land wys en jou toelaat om op plekke te ry waar jy andersins nie sou kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wines2Whales is voorwaar ’n wedren om op jou kluitklaplysie te sit. Daar is korter roetes van Lourensford in Somerset-Wes tot by Onrus se karavaanpark, maar hierdie een is die mooiste. Op die roete het ek my verwonder aan plate proteas, fynbos en die mooiste uitsigte denkbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die roete neem jou deur 13 wynlande, 26 private plase en ses bergpasse.

Daar was ook tye wat ek al swetende en swetsende met my fiets op my skouers dieselfde hoogtes te voet moes aandurf wat die Voortrekkers doerie tyd met die Groot Trek die ossewaens teen moes uitsleep. Dis waar ek summier besluit het as die Groot Trek van my afgehang het, het ek net daar omgedraai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie dat die hanteerbare afstande van ongeveer 70 km per dag jou om die bos lei nie. Daar is bitter min kilometres wat nie “single track” is nie en heelwat is redelik tegnies. Daar is vele bruggies wat hoog bo Moeder Aarde swewe en baie, baie verradelike “switch backs” wat enige onervare ryer sonder seremonie laat stof eet.

Die tentedorp op Oak Valley-wynplaas was ’n eerste vir my. Ja, ek is nie ’n groot kampeerder nie en ablusieblokke is so na as dêmmit aan ’n vloekwoord in my woordeskat. My verwagtinge was laag, maar toe verstom dit my. Groot spreiligte skyn helder tot laatnag oor die tente wat verseker dat jy nooit na goetertjies en dinge soek en rondkrap in ’n stikdonker tent nie. Daar was aparte stort- en toiletgeriewe vir dames en dus het ek nooit tou gestaan nie. Boonop het flukse skoonmakers dit gedurig blink en skoon gehou.

Kos word deur Food Lover’s Market voorsien en dit was die volgende heerlikheid. Vars gerookte salm vir ontbyt. En aspersies by aandete. Moenie dink jy gaan gewig verloor op hierdie smulpaap-wedren nie. Ons het behoorlik weggelê.

Die organisasie was uitstekend en die groot onspan-areas met “bean bags”, waterfonteintjies en koffie-baristas, was die kersie op die koek. Daar was ook groot ondersteuning vir die plaaslike Oak Valley-wyn en ek vermoed heelwat ryers het soggens met ’n effense agterstand begin …

As jy op die laaste dag by Onrus se karavaanpark inry, het jy lankal vergeet van die verpligte fietsdraery teen die berg uit of die wind wat jou byna van die pad gewaai het. Dis die mooiste pret wat ek nog op ’n bergfiets oor drie dae in die Wes-Kaap gehad het.

Inskrywings is reeds oop vir 2017 se wedren wat tuussen 27 Oktober en 5 November plaasvind. Dit bestaan uit drie identiese wedrenne. Die Adventure is 27-29 Oktober, Ride is 30 Oktober – 1 November en Race is 3-5 November. Race is vir die flinke en ernstige jaers en hier kan jy skouers skuur met van die beste fietsryers in Suid-Afrika en die wêreld.

As jy ’n rustiger rit in gedagte het, is die eerste twee wedrenne pasreg vir jou.

Moenie hierdie een mis nie!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

13 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.