Hou in gedagte
- Suid-Afrikaners het geen visum nodig vir ’n besoek aan Mosambiek nie.
- SA Airlink vlieg gereeld tussen OR Tambo en Mequfi en die vlug duur sowat twee en ’n half uur. Sit aan die regterkant van die vliegtuig wanneer jy Pemba toe vlieg sodat jy die kuslyn kan dophou en die beste blik het op die skiereiland wanneer die vliegtuig gaan land.
- Die hotel is ’n uur se ry van die lughawe by Pemba.
- Die voertaal is Portugees maar Engels word wyd gepraat.
- Die tydsone is dieselfde as in Suid-Afrika.
- Moenie dié gebied met die Pemba-eiland in Zanzibar verwar nie. Die Mosambiekse kusstad het vroeër as Porto Amelia bekend gestaan.
- Die reënseisoen duur van Desember tot April en die droër, koeler seisoen van Mei tot September.
- Daar is 40 luukse kamers en tien suites. Almal het gratis WiFi, ’n buitestort, ’n stoep wat op die see uitkyk en almal is binne stapafstand van die see.
- Dis malariagebied – tref voorsorg. Al die kamers het muskietnette.
- Vat gemaklike klere, ’n hoed, sonroom, rugsakkie en stapskoene vir ingeval jy ’n daguitstappie wil meemaak.
- Die hotelpersoneel maak die strand daagliks skoon. Gaste kan skulpe wat hulle optel by die aktiwiteitsentrum uitstal, maar later word die skulpe weer teruggesit.
- Gaste kan kies tussen aandete en ontbyt (halfboard) en alle etes ingesluit sowel as sekere drankies en versnaperinge (fullboard). Die hotel het drie restaurante en twee kroeë.
- Vleis, kaas, wyn en ander kossoorte word uit Suid-Afrika ingevoer.
- Maak gerus ’n draai by die Mvua African Rain Spa.
Visa en Mastercard word aanvaar.