Sit stres op sy plek. Deur Anet Schoeman. Hooffoto: Leah Kelley vir Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kortisol en adrenalien is die sondaars wat jou maag op ’n knop laat trek en jou hart in jou keel laat klop wanneer dinge wild raak. Dié spanningshormone word vrygestel wanneer ons bang of gespanne voel, en dis nodig om ons aan te vuur om uit gevaarlike situasies te kom. Maar as dit heeltyd gebeur, kan dit jou gesondheid ondermyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Uit ’n studie wat in die Amerikaanse joernaal Neuron gepubliseer is, blyk dit dat meer as 40% Amerikaners nie hul spanning goed beheer nie. Boonop sukkel gespanne mense met selfbeheer en sal meer geneig wees om ongesonde kos te eet. Trooskos moet ons beter laat voel, maar ongelukkig is dit juis dié soort kos wat kortisolvlakke verhoog.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• Neute soos okkerneute, amandels, pekanneute en haselneute beheer jou kortisol en die vitamiene kan ook jou immuniteit verbeter wat deur spanning in die wiele gery word.
• Omega-3 in olierige vis soos sardyne, wilde salm en makriel is uitstekend. Uit ’n studie het dit geblyk dat studente wat ’n omega-3-aanvulling geneem het 20% minder angstig gevoel het as die groep wat ’n plasebo geneem het.
• Anti-oksidante en vitamien C in bessies soos aarbeie, bosbessies en rooibosbessies beheer kortisol – die perfekte vruggies om soggens in jou gladdejantjie te sit.
• Spinasie, krulkool (kale) en blaarbeet (chard) bevat magnesium wat help om spiere te ontspan, asook kalsium wat kalmerend is. Gebruik die groente in ’n slaai of sny dit fyn in ’n sop.
• Donkersjokolade (ja, nie die ander soorte nie) bevat spesifieke anti-oksidante wat kortisol kan verlaag. Hou ’n blokkie byderhand as jy weet jou dag gaan aan jou kou.
• Koolhidrate wat ryk aan vesel is, soos quinoa en hawermout, laat jou langer vol voel en dit verhoog jou serotonienvlakke vir langer tye as verfynde koolhidrate.
• Volgens studieresultate kan die L-teanien in groen tee jou kortisolvlakke verlaag, endorfiene en oksitosien verhoog, spiere ontspan en so jou bui verbeter. Rooibos- en kamilletee is ook strelend.
• Vitamien B is ’n teenvoeter vir spanning – probeer om ’n klein porsie proteïen by elke maaltyd in te sluit. Eiers is goedkoop en maklik om op enige plek te eet. Dit balanseer jou kortisolvlakke.
• Bly weg van sout as jy gespanne is. Dit sneller die vrystelling van kortisol.
• Suiker laat jou bloedglukose die hoogte in skiet en dit laat jou sleg voel as die vlakke daarna vinnig daal.
• ’n Koppie oggendkoffie is vir baie mense ’n noodsaaklike regmakertjie. Tog blyk dit uit navorsing dat jy joune dalk tot so halftien moet uitstel. Jou liggaam stel soggens sy eie kortisol vry om jou op die dag voor te berei. Dus kan jy ’n bietjie wag.
• Mense gryp maklik na ’n drankie om spanning te verlig. Maar alkohol verhoog die kortisolvlakke en dit beïnvloed ook die gehalte van slaap.
• Jogurt met probiotikum het belowende resultate getoon in ’n Ierse studie. Dit wil voorkom of ’n gesonde spysverteringskanaal ’n beduidende uitwerking op gedrag het wat met spanning verbind word.
Spanning hoef nie net negatief te wees nie. Dr. Renata Schoeman, bekende psigiater en leierskapdosent aan die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool, sê angs is ’n natuurlike toestand van die lewe en dat dit kan dien as aansporing om te skep, te presteer of enige mylpale te behaal.
“Tog kan angs oorweldigend raak en as dit nie bestuur word nie en tot patologiese angs lei, kan dit emosionele probleme veroorsaak sodat mense oorweldig en uitgebrand voel, prikkelbaar is, en paniekaanvalle en depressie kry. Maar as ons ons stresenergie gebruik, kan dit ’n kragtige dryfveer wees om uit te styg.”
As jy positief oor stres dink, kan dit jou vriend word.
• Meditasie sny kortisol met 20%
Uit ’n Thaise studie wat oor ses weke gestrek het, het dit geblyk dat die kortisolvlakke van mense wat in dié tydperk gemediteer het met 20% gedaal het teenoor die groep wat nie gemediteer het nie.
• Genoeg slaap sny kortisol met 50%
Die verskil tussen agt uur en ses uur se slaap is klaarblyklik 50% meer kortisol. En die verhoogde vlakke kan boonop twee dae duur. Maak seker jy kry genoeg slaap. Navorsers meen ’n kort middagslapie kan vir ’n kort nag vergoed.
• Musiek sny kortisol met 66%
Musiek het ’n kalmerende invloed. Toe dokters aan die Osaka Mediese Sentrum in Japan musiek gespeel het terwyl pasiënte ’n kolonoskopie ondergaan het, was hul kortisolvlakke aansienlik laer as dié van die groep sonder musiek.
• Lag verlaag kortisol met 30%
’n Kuiertjie by ’n prettige vriend is goud werd. Dis klaarblyklik nie net die lekker lag wat jou ontspan nie; selfs as jy net in jou humoristiese vriend se geselskap is en grappies in die vooruitsig stel, gaan jou kortisol daal.
• ’n Massering verlaag kortisol met 31%
In ’n studie aan die Universiteit van Miami se mediese skool het respondente se kortisol met byna ’n derde gedaal ná hulle ’n weeklikse massering gehad het. ’n Massering verminder stres omdat dit die vorming van dopamien en serotonien (jou goedvoelhormone) stimuleer.
• Kougom kou kan kortisol met tot 16% verlaag
Kou jouself kalm? Wetenskaplikes vermoed dat die kougomkouery bloedvloei verhoog en neurale aktiwiteit in sekere gedeeltes van die brein verbeter. Die deelnemers wat kougom gekou het in ’n studie, het ook opgemerk dat hulle meer op en wakker voel as die ander wat nie kou nie.
• Kerkgangers se kortisol is 25% laer
Doen iets vir jou siel om spanning te verlaag. Godsdienstige rituele beskerm mense teen die negatiewe gevolge van stres. Uit ’n studie in het dit geblyk dat kerkgangers laer stresvlakke het.
Doryce Sher, stigter van Aromatic Apothecary, wat ook ‘n gekwalifiseerde apteker en aromaterapeut is, wys daarop dat dit belangrik is om die tekens van oorweldiging raak te sien. Sy sê: “Gee aandag aan jou asemhaling. As dit vinnig en vlak is, is dit simptomaties van stres. Die kwaliteit van jou slaap is ‘n goeie manier om jou stresvlakke te meet. Slapeloosheid en wakker lê al is jy uitgeput, is tekens dat stres vir jou te veel word. Jy kan ook voel dat jy dikwels trane terughou of die behoefte voel om te huil. Vinnige humeur en geïrriteerdheid is ook tekens dat jy oorweldig kan wees.
Gelukkig kan jy natuurlike en holistiese maniere vind om die uitdagings die hoof te bied en jou geestelike welstand te herstel. Deur die gebruik van aromaterapie-oplossings, kan jy die stres wat hierdie tyd van die jaar opkom beter bestuur en verlig.
Aromatic Apothecary het onlangs hul ‘Stress-less kit’ vrygestel. Hierdie produkte bevorder onder meer, diep asemhaling en bied ‘n afleiding van die angstige toestand en kan selfs op gespierde areas van die liggaam gebruik word vir pynverligting. Die bestanddele sluit laventel, malva, kamille, gemmer, roosmaryn en kruisement in.
Die ‘Stress-less kit’ (R 570) bevat:
Koop joune hier.
Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Hierdie webwerf gebruik koekies.