kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur

Wat almal moet weet oor sinusallergie, stofmyt, toetse, medikasie, en hoe om dit te bestuur deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Sinusallergie is geweldig algemeen en bitter lastig. As jy kan identifiseer met hierdie lesers se vrae, lees verder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het vir prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater aan die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale, om haar raad gevra.

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekosallergie, vis-parasiete, of histamiene?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lipswelsels: Net irriterend, of lewensgevaarlik?

Help, ek het ’n sinusallergie!

rooi rose-leser Merryl van Jaarsveld vra
Ek nies aanhoudend en my neus loop sonder ophou. Raad asseblief?

rooi rose-leser Janelle Henning vra
My 15-jarige se IgE-telling is oor die 800, terwyl dit rondom 20 moet wees. Sy gebruik antihistamiene en neusspuite twee keer per dag, saam met ’n kortisooninspuiting elke ses maande. Ons is nou verwys na ’n allergiespesialis maar ek sien nie die punt nie. Alles waarvoor sy allergies is, is in die lug. Sy is nie allergies vir goed waarmee ons ’n plan kan maak nie

Prof, Claudia Gray, allergiespesialis en pediater by Rooikruis en Vincent Palotti-hospitale, antwoord
Altwee lesers se  simptome klink na ’n tipiese sinusallergie.

’n Chroniese genies, ’n neus wat jeuk, ’n toe neus en ’n loopneus is die klassieke kenmerke van sinusallergieë, of allergiese rhinitis soos ons dit noem.

Lees ook: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?

Oorsake van sinusallergie

Die meeste mense se sinusallergie word veroorsaak deur omgewingsallergene, soos huisstofmyt, stuifmeel van gras, blomme en bome, swamme in jou onmiddellike omgewing, en dierehare en dons.

Huisstofmyt kom baie wyd in huise en selfs in skole, klerewinkels en biblioteke voor – en veral in klere, beddegoed, matte, gordyne, kussings en ander gebruiksitems.

Lees ook: Nare bedmaats! Raad vir stofmyte

Hoe om jou bed skoon te hou en stofmyte onder beheer te hou

Toets vir sinusallergie

’n Dokter wat opgelei is in allergiebestuur diagnoseer maklik ’n sinusallergie met velpriktoetse of bloedtoetse.

Baie mense is skepties of dit sinvol is maar ek beveel dit sterk aan. Onbehandelde allergiese rhinitis het ’n groot negatiewe invloed om jou lewensgehalte.

Nogtans beveel ek nie aan dat jy sommer net op allergiemedikasie geplaas word op die aanname dat jy allergies is nie. Allergiemedikasie moet net voorgeskryf word as toetsing ’n allergie bevestig en as dit bekend is waarvoor die pasiënt allergies is.

Lees ook: Jy vra: Hoekom is sekere medisynes geskeduleer?

Behandeling vir sinusallergie

Op grond van jou bewese uitslag kan die dokter dan die beste kombinasie van allergiemedikasie voorskryf, jou inlig oor wat jy moet vermy en jou help om jou lewe so in te rig dat jou allergie jou so min as moontlik pla. Onthou ook dat ’n allergie meestal ’n lewenslange toestand is. Daarom is langtermyn beplanning ook nodig.

Behandeling vir ’n sinusallergie of allergiese rhinitis sluit gewoonlik kortikosteroïed neusspuite en/of antihistamiene in.

Lees ook: Redes hoekom jou neus maklik bloei

Kortisooninspuitings vir sinusallergie word NIE aanbeveel nie aangesien hulle baie sistemiese newe-effekte het. In plaas daarvan kan die moontlikheid van desensitisering ondersoek word, veral in ernstige gevalle.

Jou dokter sal jou ook riglyne gee oor hoe gereeld jy jou allergiemedisyne moet gebruik. Party mense het dit net in ’n sekere seisoen nodig terwyl ander hul allergiemedisyne maar heeljaar deur sal moet gebruik.

Jy kan byvoorbeeld allergies wees vir die stuifmeel van ’n sekere groep tuinplante of ’n boomsoort. As dit ’n seisoenaal voorkom weet jy om in die lente jou allergiemedikasie te gebruik, terwyl jy die res van die jaar nie medikasie benodig nie.

Jou dokter sal jou ook inlig oor hoe jou omgewing aangepas kan word, sodat jou allergie jou so min as moontlik hinder. Vir iemand met ’n huismytallergie is dit uiters belangrik om sy omgewing so stofvry as moontlik te hou.

Lees ook: Die 14 bronne van huismyt waarmee jy  elke dag saamleef

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.