kategorieë: Bekendes

‘Sink’ gekies vir die 40ste Atlanta-filmfees

Brett Michael Innes het ‘Sink’ nie net geskryf maar het ook die regie behartig en was saam met Johan Kruger en Anel Alexander (ons voorbladvrou vir Maart) vir die vervaardiging van die prent verantwoordelik. Sink het aanvanklik die waters by die kykNET-Silwerskermfees van 2015 getoets en toe sommer vyf toekennings gewen – vir Beste Rolprentredigering, Beste Kinematografie, Beste Draaiboek, Beste Oorspronklike Musiek en Beste Aktrise (Shoki Mokgapa).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die hoofrolle in ‘Sink’ word vertolk deur Anel Alexander (Faan se Trein, Semi-Soet, Discreet), Shoki Mokgapa (The First Grader, Judge Dredd, Long Walk to Freedom), Jacques Bessenger (Ballade vir ’n Enkeling, Wolwedans in die Skemer, Verraaiers), Amalia Uys (Double Echo, Sy Klink Soos Lente) en die sesjarige Asante Mabuza (The Last Face). Die akteurs Vuyelwa Booi, Diaan Lawrenson, Sandra Vaughn, Corine du Toit, Hanli Rolfes, Leandie du Randt, Siyabonga Radebe, Mandi Baard, Sarahann Doherty du Plooy, Vera Ephraim en Kabomo Vilakazi is ook in die prent te siene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘Sink’ is op Innes se roman, Rachel Weeping, gebaseer en vertel die storie van Rachel, ’n Mosambiekse huiswerker wat in Johannesburg woon, en verplig word om ’n lewensveranderende besluit te neem nadat haar dogter tragies sterf terwyl Rachel se werkgewers na haar moes kyk. Sy moet besluit of sy na die armoedgeteisterde Mosambiek gaan terugkeer of gaan bly werk vir die mense wat vir die dood van haar kind verantwoordelik is sodat sy haar huis en haar visum kan behou en steeds haar familie kan ondersteun. Dinge raak selfs meer gekompliseerd wanneer sy uitvind dat haar werkgewers hulle eerste kind verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons is vreeslik in ons skik dat ons vir Atlanta gekies is en hoop dat dit net die begin van ‘Sink’ se besoeke aan internasionale feeste sal wees,” het Innes gesê. “Hoewel ‘Sink’ ’n unieke Suid-Afrikaanse storie is, is dit ook ’n universele verhaal wat net so wel in Los Angeles met ’n Meksikaanse huiswerker, in Londen met ’n Russiese skoonmaker of in Sidney met ’n Viëtnamese immigrant kon gebeur het.”

‘Sink’ word deur Times Media Films onder die vaandel van Fresh Flieks vrygestel en begin op 18 Maart 2016 by plaaslike teaters vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

21 hours Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

22 hours Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

22 hours Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

22 hours Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.