kategorieë: Bekendes

Sinéad O’Connor is in die ouderdom van 56 oorlede

Deur: Savanna Douglas. Hooffoto: Facebook / Sinead O’Connor

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Ierse sangeres Sinéad O’Connor is in die ouderdom van 56 oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Verklaring wat deur die Ierse sangeres se familie op RTE vrygestel is, het haar heengaan op Woensdag 26 Julie bevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verklaring lui:

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde Sinéad aankondig. Haar familie en vriende is verpletter en het in hierdie baie moeilike tyd privaatheid versoek.”

O’Connor is in 1966 in Glenageary, Dublin gebore. Haar ouers het geskei toe sy jonk was en sy het traumatiese kinderjare gehad.

Musiek het Sinéad se redding geword.

In 1987 het O’Connor haar debuutalbum, The Lion and the Cobra, vrygestel. Net twee jaar later het die kunstenaar wêreldbekendheid verwerf toe die treffersnit, Nothing Compares 2 U van haar 1990-album I Do Not Want What I Haven’t Got miljoene kopieë wêreldwyd verkoop het.

Die musiekvideo vir Nothing Compares 2 U is meer as 400 miljoen op YouTube gekyk, en het die werke van popsterre soos Miley Cyrus geïnspireer in haar 2013-treffer, Wrecking Ball.

O’Connor, het altesaam 10 albums vrygestel en met verskeie genres en style deur haar loopbaan geëksperimenteer.

Sinéad het kontroversiële sienings oor godsdiens, feminisme, oorlog, geestesgesondheid en seks gehad. Die ikoon was nog altyd uitgesproke deur haar musiek en aktivisme, en het deursigtig met aanhangers oor haar stryd met geestelike en fisiese gesondheid gebly.

Sinead O’Connor is vier keer getroud en het vier kinders gehad – drie seuns en ‘n dogter.

Sy sal onthou word as ‘n ikoon wat altyd haar man gestaan het en die massas ontroer het met haar kragtige stem en emosionele musiek.

Lees ook: Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

3 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

14 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.